Saturday 28 December 2013

KNOFFEL SLAKKE IN ROOMSOUS



KNOFFEL SLAKKE IN ROOMSOUS
Helena se eie Resep*
Spoel die hoeveelheid slakke goed onder koue lopende water af{ek het 2 blikkies gebruik hier]
Klad droog
Braai n klein bietjie gekapte ui in so 2e Botter med.
Voeg jou slakke by en roerbraai vir net so 2min. [nie te lank nie anders is hulle taai].
Haal van plaat af en maak jou romerige sous en voeg jou slakke by
Bedien met lekker vars bruinbroodjie skyfies
SOUS
250 ml room
20 ml Botter [2e]
Twee huisies vars knoffel, fyngemaak [of meer vir n sterker geur]
3 ml Gerookte Paprika [of gewone]
Sout, Witpeper en bietjie Visspeserye na smaak
Gekapte pietersielie vir garnering
Smelt botter oor lae hitte en voeg knoffel en res van geurmiddels by. Wees versigtig dat die knoffel nie aanbrand nie.
Voeg jou room by .Roer
Kook so n bietjie en voeg jou slakke by.
N.S Hier kan jy dan gerasperde Roquefort kaas byvoeg of gewone net nie te veel nie!!
Garneer met jou gekapte pietersielie en val weg!!! 27/12/13>Helena Kruger*Eie Resep http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/knoffel-slakke-in-roomsous.html

No comments:

Post a Comment