Saturday 28 December 2013

LINDA SE HOENDERPASTEITJIES




HOENDERPASTEITJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/linda-se-hoenderpasteitjies.html
. julle sal lag as julle my silly plein reseppie hoor.

Ek kook so 6 hoenderborsies in water met hoenderstockblokkie, swartpeper, naeltjies of pimento en 1 groot heel ui.

Wanneer die hoender gaar en lekker sag is, haal ek dit uit en sit eenkant om af te koel. By die oorblywende vloeistof in die pot gooi dan so half koppie sago in en kook dit baie stadig... roer aanhoudend.

Wanneer die sago deurskynend is, roer ek 'n pakkie hoenderroomsoppoeier gemeng met bietjie water deur tot die sous lekker dik is.

Gooi gerus nog kookwater by indien die vloeistof te min is vir die hoeveelheid hoender. Wanneer hoender afgekoel is, pluis ek dit in stukkies uit en roer vinnig deur die sous en laat net so paar minute prut. Besluit self of jy nog ekstra sout wil byvoeg.

Ek gebruik ook sommer gekoopte ontdooide puff pastry en bak by 180grade. Dis plein en vinnig en my familie is mal hieroor.





Cecilia Bedser


Blitsige hoenderpasteitjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/linda-se-hoenderpasteitjies.html
Huisgenoot
Dié pasteitjies maak jy sommer met ’n klaargaar
draaispithoender. Dis heerlik romerig.
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute
VULSEL
15 ml (1 e) olie
15 ml (1 e) botter
2 uie, gekap
250 g gemengde sampioene,
gekap
1 gaar hoender, vel verwyder en
gepluis
375 g roomkaas
60 ml (¼ k) gekapte vars pietersielie en tiemie
sout en vars gemaalde peper
KORS
400 g broskorsdeeg
1 eierwit, geklits
’n bietjie melk, vir borsel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit 8 tot 10 minibroodpannetjies of diep muffinholtesmet
kossproei.
1. Vulsel
Verhit die olie en botter in ’n pan. Roerbraai die uie en
sampioene tot gaar.
2. Roer die hoender, roomkaas en kruie by. Geur met die
sout en vars gemaalde peper,
skep uit en laat heeltemal afkoel.
3. Kors
Rol die deeg effens dunner uit en voer die pannetjies
daarmee uit; hou deeg oor
vir die doppies van die pasteie. Prik die kors met ’n vurk
en smeer met die eierwit.
4. Vul elke holte met die vulsel. Sny die oorblywende deeg
groot genoeg om oor die pasteitjies
te pas en druk vas op elke pasteitjie. Verf liggies met
die melk en bak 25 tot 30
minute tot goudbruin en gaar.








CHICKEN AND MUSHROOM PIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/linda-se-hoenderpasteitjies.html
1) Kook 4 lekker groot hoenderborse op in water
2) Braai 1 groot ui opgekap in pan met botter tot bruin voeg dan 1 pakkie mushrooms opgesny daarby braai dan tot gaar

3) Op meduim hitte Voeg 1 potjie room, 1 koppie melk, 1 pakkie knorr chicken a la king dry cook in sauce by prut vi so 5-10min en roer
4)Gooi speserye by paprika , chicken spice , italian herbs , sout en peper na smaak of speserye van jou keuse
5) prut vi nog so 5min en roer nou en dan, as dit te droog raak gooi nog bietjies melk/water by**
Yolandi Vermeulen Duddy*+ Foto..21/07/2015

No comments:

Post a Comment