Thursday 26 December 2013

NAGEMAAKTE WILDSBOUD




Berie Vd Velden Smith
NAGEMAAKTE WILDSBOUD: [N G KERK RESEPTEBOEKIE]
2kg skaapboud
250g varkspek
5ml kruienaeltjies
20ml koljander, gestamp
20ml bruinsuiker
20ml sout
2.5ml peper
1ml fyn neut
250ml asyn
125ml olie of vet
125ml soetwyn

SO MAAK JY:
Vee die vleis met ‘n klam doek af en verwyder die voorbeen. Sny die spek in lang repies omtrent 6mm dik en 5-7mm lank. Meng al die ander bestanddele goed saam. Laat die spek in ‘n mengsel van kruie en asyn lê. Stop die boud daarmee deur diep snye met ‘n mes in die boud te maak.
Sit die vleis in ‘n diep skottel en gooi die orige asynmengsel daaroor. Laat dit 2-3 dae lank in die mengsel lê en draai eenmaal om. Haal die boud uit die asynmengsel, droog dit effens af en braai dit vinnig bruin in die olie of vet wat intussen warm gemaak is in ‘n groot genoeg kastrol. Moet nie die deksel opsit nie. Verminder die hitte en laat dit stadig stoom – ongeveer 2-3 uur. Voeg telkens ‘n bietjies water by wanneer dit begin braai. Draai die vleis eenmaal om terwyl dit stoom en laat dit teen die end van die gaarmaakproses bruin braai. Voeg die soetwyn by 30 minute voordat dit klaar gebraai het. Sorg dat daar nog ‘n bietjie vloeistof in die braaipot is, wanneer die wyn bygevoeg word anders sal die sous bitter smaak.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/nagemaakte-wildsboud.html

No comments:

Post a Comment