Sunday 19 January 2014

PEER EN AMANDEL TERT



PEER & AMANDELTERT
Hierdie tert is baie makliker as wat dit lyk.
Met ’n losboompannetjie kan jy die tert baie mooi opdien.
Kan ook ’n ronde tertbak gebruik, ook sonder losboom; die kors is mooi ferm om blokkies te sny.
Daar was nie kans om die tert mooi op te dien nie....
Dis sommer uit die pannetjie geeet.

BESTANDDELE
3 Pere, geskil en gehalveer
50ml  Appelkooskonfyt

KORS      (Kan ook vir Quiche gebruik word)
250ml Koekmeel
75g Botter
1 Eiergeel
30ml Yskaswater

VULSEL
150g Botter
150ml Strooisuiker
2 Eiers
20ml Van der Hum likeur/ Contro Lemoen Likeur
150g Fyngekapte Amandels
30ml Koekmeel

Metode - Kors
(Ek geberuik sommer voedselverwerker)
Vryf botter in meel, sny water bietjies gewys met mes in.
Meng om deeg te vorm.
Laat rus vir 30min en rol uit om ’n losboompan uit te voer.
(Kan ook met die vingers ingedruk word.)

Metode – Vulsel
Room botter en suiker en voeg eiers een vir een by.
Meng die res van die bestanddele versigtig in en skep in die ongebakte kors.
Sny die peer halwes in waaier vorm, moenie deursny bo by die stingelgedeelte nie.
Plaas bo-op die amandelmengsel.
Bak 10 min by 200º C en verminder daarna die hitte na 180º C.
Sprinkel suiker bo-oor (ek gebruik bruin) en bak vir verdere 20 min. As die tert te donker word, sit maar foelie oor sodat die kors goed gaar kan word.
Laat afkoel en smeer opgewarmde konfyt bo-oor.
 Bedien met ‘Muscadel Reduction’ en Crèeme Fraiche.

MUSCADEL REDUCTION
Kook 250ml Muskadel en 60ml suiker saam todat ’n stropie vorm.
Laat afkoel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/peer-en-amandel-tert.html

No comments:

Post a Comment