Sunday 19 January 2014

ROSYNTJIEBROOD




ROSYNEBROOD
1 ½ Tlp Kitsgis
½ tlp Kaneel
3k Koekmeel
25ml Melkpoeier
5ml Sout
25g Botter
25ml Heuning of 30ml Bruinsuiker
300ml Louwater
1 k Rosyne – pitloos; of na smaak

VIR DIE BROODMASJIEN
Vir veiligheid, gooi bietjie warm water oor die rosyntjies en laat staan terwyl jy die bestanddele bymekaar gooi.  Gebruik dieselfde verstelling as vir bruin brood. Myne is 3 en die tyd is 3uur 40min.  Ek laat my masjien die eerste knie siklus doen en dan rus hy mos. Wanneer hy weer aanskakel gooi ek die rosyne by wat ek DROOGGEMAAK het.

VIR DIE GEWONE OOND
Gooi warm water oor die rosyne en laat staan todat jy al die ander goed gemeng het.Maak rosyne DROOG en voeg by.  Die deeg kan in ’n menger met ’n deeghaak aangemaak word of geknie word.
Maak toe en laat rys vir 30min. Gebruik sommer ’n houtlepel en “roer of meng” die deeg af. Plaas in gesmeerde pan en laat weer toegemaak rys todat die pan gelyk is of sowat 30-40 min.

Bak by 180*C vir 40min. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/rosyntjiebrood.html

No comments:

Post a Comment