Saturday 11 January 2014

VRIENDSKAPSBROODJIE



VRIENDSKAPSBROODJIE

NB GEBRUIK HOUTLEPEL OF PLASTIEKLEPEL om die plantjie te meng, en gebruik glas of plastiek houers om plantjie aan te maak. Moenie metaal naby die plantjie bring nie.

Om die”Herman plantjie”te begin:
Dag 1:
Los 1/2 teel kits droegis op in 2 eetl warm water. Meng by in plastiekbak: 1e wit suiker, 1e asyn, 1/2 t sout, 1k meel en 1k melk. Seel bak met glad wrap en laat staan vir 2 dae op’n WARM plek om te gis. Dit behoort te borrel.
Dag 2-4:
Roer elke oggend, maak toe en los.
Dag 5:
Plaas Herman in’n groter bak en voeg by: 1k meel, 1k suiker en 1k melk en roer goed deur.
Dag 6-9:
Roer Herman elke oggend, maak toe en los.
Dag 10:
Voeg by 1k suiker, 1k meel en 1 k melk en roer goed. Skep 3 kop uit die mengsel. Gee 1 kop elk aan 2 kennisse saam met die afskrif van die resep (behalwe dag 1 – die nuwe eienaar gaan van dag 1 tot 4 net roer). Hou ‘n koppie vir jouself, en bak jou broodjie met die oorblywende koppie. As daar nog oorbly, deel nog uit!!

Hoe om die koek/brood te bak: Meng die vlge bestandele saam:
2ml sout
200ml kookolie
1k suiker
1/2 t bakpoeier
2t vanilla essens
3 eiers
2k meel
1/2 t kaneel
2t koeksoda en
1/4k melk.

Meng goed en voeg nou een of 2 van die vlge by (opsioneel):
1k gekapte neute
1k rosyntjies
1k sultanas
1k vrugtekoekmengsel
1k klapper
1k gerasperde wortel
5 ryp fyngemaakte piesangs
1k gekapte appels
1k dadels
1k muesli
Plaas in’n gesmeerde koek- of broodpan. Bak 1uur op 160 grade.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/vriendskapsbroodjie.html

No comments:

Post a Comment