CHAKALAKA
HOENDER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/chakalaka-hoender.html*eie Resep*
*Slow-Cooker*
6 Hoender borsie in stukkies gesny
1 klein uie gekerf
½ Groen Soetrissie
½ Geel Soetrissie
½ Rooi Soetrissie
1 k Sampioene gekerf
¼ k Sweet Chilli sous
4 Med Aartappels in blokkies gesny
1 Blikkie Chakalaka Mild & Spicy
Sout en Peper na smaak
Braai al jou groente in bietjie olyfolie tot deurskynend
Kook gou jou aartappel blokkies net halfpad in jou Mikrogolf oond met bietjie
water en dreineer
Geur jou hoender en braai vinnig net vir n paar min..[moet nog rou wees binne]
in dieselfde pan
Meng alles saam en plaas in jou Slow-Cooker[groente,
hoender,aartappels,chakalaka en sous]
Gooi 1k water by en meng goed deur
Stel hom op *High vir 1 ½ H* en dan kan jy baie lekker eet>Kan die
Slow-Cooker ook op Med stel en dit langer kook na gelang*Bedien op lekker rys
met n lekker Blatjang of slaai van jou keuse*Helena Kruger *7/2/14*
Nog n slag Lekker CHAKALAKA HOENDER gemaak..
CHAKALAKA HOENDER
**eie resep Helena*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2014/02/chakalaka-hoender.html
STAP 1
Meng meel met lekker Cujan Speserye en rol jou blokkies hoender filette daarin
Braai stadig net halFpad in bietjie olie [nie heeltemal gaar nie]
Skep uit in n bak
STAP 2
Braai rooi uie, groen soetrissie en sampioene tot amper sag
Voeg deurgesnyde kersie tamaties [Of stukkies ] by en braai 1min
Skep uit eenkant
STAP 3
Meng een blikkie Chakalaka Spicy en een blikkie water en gooi in pan
Voeg 1 pakkie Tamatie Paste by en sout en peper en 2e Suiker, dash Sweet Chillie sous
Laat goed kook
STAP 4
Gooi hoender blokkies in jou Slow Cooker en gooi die sous bo-oor
STAP 5
Gooi dan jou groentemengsel bo-op en stel jou op High vir so 2h heerlik
N.S>Ek het blokkies aartappels sommer vooraf in die mic gekook en dit ook bo-op gegooi[vergeet om die foto te neem ha ha]
Baie lekker lang sousie ..as jy voel om dit bietjie dikker te maak gebruik so 1 e Mielieblom[Maziena en roer stadig deur die laaste 15min..Bedien met lekker rys en ek het ook uie piekels saam bedien**Helena Kruger**13/02/2017
No comments:
Post a Comment