Friday, 7 February 2014

GROOTMAAT KOEKE EN MUFFINS





KOLWYNTJIES
100 Kolwyntjies
375 g botter
1,125 ml suiker
15 ml vanielje
9 eiers
1.825 ml koekmeel
60 ml bakpoeier
7,5 ml sout
600 ml melk
Metode:
Verhit oond tot 180ºC. Smeer panne of spuit onder in panne. Klop botter met 'n houtlepel en voeg suiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig en voeg geursel by. Voeg eiers een-een by en klop baie goed na elke byvoeging. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit al siftende beurtelings met die melk by geroomde mengsel. Klop mengsel tot alles goed gemeng is en dit 'n fluweelagtige voorkoms het. Moenie roer nie, maar klop. Skep beslag in voorbereide panne. Bak 25 -35 min lank. Keer dadelik op draadrak uit om af te koel.Variasies:
Sjokolade
Sif 180 ml kakao saam met meel en bakpoeier en vermeerder botter tot 600 ml.
Kolwyntjies
Bak beslag 15 minute lank in gesmeerde kolwyntjiepanne. Die hoeveelheid is genoeg vir 100 + kolwyntjies."Carol Elliott Claasen"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html


WORTELMUFFINS
108 Muffins
18 eiers  
6 kop bruin suiker
3 kop olie
6 t vanilla
4½ kop koekmeel
4½ kop volgraanmeel
3 kop semels
6 t bakpoeier
3 t koeksoda
1½ t sout
6 t kaneel
6 kop gekapte neute
12 kop fyngerasperde wortels
Metode:
Klits eiers en suiker baie goed saam. Voeg olie en geursel by, klits goed.Voeg droë bestanddele by, klits deurentyd. Voeg wortels en neute by. Klits goed deur. Plaas in groot kolwyntjieholtes en bak 20 min by 180C. Lewer 108 muffins "Carol Elliott Claasen"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html


APPELTERT IN OONDPAN
1 groot Blik Tert Appels
8 e Botter
3 k Suiker
8 Eiers
3 k Melk
3 k Bruismeel
Knippie Sout
3 t Bakpoeier
Sous
500 ml Room
3 t Karamel essens
1 k Suiker
Tert Metode
Klits Eiers. Smelt Botter en Suiker saam. Meng eiers en botter/suiker mengsel.
Voeg ander bestanddele by behalwe appels en klits goed. Sit Appels in pan.
Gooi mengsel oor die appels. Bak teen 180°C vir 45 minute.
Sous:
Gooi alle bestanddele in 'n potjie en verhit. Wees versigtig want die room kook maklik oor. Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.Vir 'n lekker klam tert voeg nog so 'n1 ½ koppie room of melk by."Carol Elliott Claasen"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html

BROWNIES
2 c. sugar
1/2 c. cocoa
1 c. Crisco shortening
Pinch of salt
4 eggs
1/2 c. evaporated milk
1 c. flour
Cream first four ingredients together. Add remaining ingredients. Mix well. Bake at 350 degrees for 20-30 minutes in a greased and floured 9 x 13 inch pan. These can be iced. 36 servings.

CHOCOLATE ICING FOR BROWNIES:
1 pkg. powdered sugar
Pinch of salt
3 tbsp. cocoa
3/4 stick butter, melted  (1 stick = 250g)
Add enough evaporated milk to mixture for spreading consistency. Spread over hot brownies and cut into 36 brownies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html

‎100 BROWNIES FOR LARGE GROUP
3 c. flour
4 c. sugar
2 tsp. baking powder
2 tsp. salt
1 c. cocoa
1 c. shortening
8 eggs
1/2 c. Milnot
1 tsp. vanilla
1 c. chopped pecans
Cream together all of the ingredients only until combined. Never add enough batter to pans to fill the pans to full. Use two large flat pans two inches deep measuring 25 x 30 inches.
Bake at 350 degrees  (180C )for 30 minutes. Do not overbake and don't open the oven too long to check or temperature will drop and brownies will be dry
Maré Nieuwoudt
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html




‎100 CHOCOLATE ANGEL FOOD CUPCAKES
2 7/8 cups sweetened cocoa powder
4 1/4 teaspoons vanilla extract
33 large egg whites
1/2 teaspoon salt
2 7/8 cups granulated sugar
2 1/8 cups flour
1/3 cup baking powder
vegetable oil cooking spray
4 1/4 cups whipped cream (optional)
100 tiny strawberries (optional)
Heat oven to 350 degrees. In small saucepan, stir cocoa and 1/3 cup water over low heat about 1 minute until mixture thickens and just begins to boil. Remove from heat and stir in vanilla. In large bowl, with electric mixer at high speed, beat egg whites and salt until soft peaks from when beaters are lifted. Add sugar, 1 tbsp at a time, beating well after each addition until stiff peaks form when beaters are lifted. Quickly add cocoa mixture and beat 20 seconds until just blended. In a small bowl, combine flour and baking powder. Fold into egg white mixture, one fourth at a time. Spray 12 regular muffin cups with vegetable cooking spray. Divide batter evenly between muffin cups. Bake 10-15 minutes until cupcakes begin to pull away from sides of pan. Remove from oven and cool on wire rack for 10 minutes. Run a knife around edge of cupcakes to loosen. Remove cupcakes and cool on wire rack. Invert onto serving plate. Garnish each with a little whipped cream and a strawberry 7/11/11
Carol Elliott Claassen
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html



GESONDHEIDS MUFFINS
(50 muffins)
4 eiers
3/4 K (185 ml) olie
2 K (500 ml) bruinsuiker
4 K (1 liter) karringmelk
2 K (500 ml) semels
250 g pitlose rosyne
3 K (750 ml) koekmeel
2 K (500 ml) volkoringmeel
5 t (25 ml) koeksoda
1 t (5 ml) sout
Klits die eiers, olie, suiker en karringmelk deeglik saam met 'n elektriese klitser of houtlepel. Voeg die semels en rosyne by en meng. Voeg die droë bestanddele by die mengsel. Bak dadelik of bewaar die rou mengsel in 'n digte houer in die koelkas tot benodig. Skep lepelsvol in gesmeerde kolwyntjiepanne en bak 20 minute lank by 200graC (400graF). Die gaar muffins kan 'n dag of twee in 'n lugdigte koekblik bewaar word.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html


PYNAPPEL- MERINGUE- TERTJIES
(5-6 dosyn tertjies)
Gebruik die piepklein kolwyntjiepannetjies en Petty Press-doppies, of voer die kolwyntjiepannetjies uit met broskorsdeeg en bak vooraf gaar.
VULSEL
2 x 470-g-blikkies fyn pynappel
2 K (500 ml) appel-, pynappel- of lemoensap
2 x 297-g-blikkies versoete kondensmelk
4 eiergele (ekstra-groot of jumbo)
1/3 K (80 ml) vlapoeier
2 E (30 ml) gerasperde suurlemoenskil
2 t (10 ml) sout
Meng in 'n groot swaarboomkastrol die pynappel, appelsap en kondensmelk. Meng die eiergele met die vlapoeier, suurlemoenskil, sout en 1/4 K (62 ml) water om 'n pasta te vorm. Bring die vrugtepulp tot kookpunt. Voeg die eiervla-mengsel geleidelik by en laat nét dik word. Moenie te lank kook nie, anders sal die eier skif. Laat die vulsel afkoel en skep in die gebakte doppies.
Wenk:
Sif 'n klein bietjie mielieblom oor die vulsel voordat die meringue oorgeskep word - dit dien as ``gom'' om te verhoed dat die meringue wegtrek van die vulsel. Maak die meringue aan en bedek die tertjies daarmee. Bak 20-25 minute lank by 180graC.
MERINGUE
4 eierwitte 'n drukkie suurlemoensap
1 K (250 ml) strooisuiker
Klop die eierwitte en suurlemoensap tot styf. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by terwyl voortdurend geklop w ord. Die mengel moet styf en blink en dik wees wanneer al die suiker bygevoeg is.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html


GEMMERTUITJIES (BRANDY SNAPS)
(sowat 60 klein tuitjies)
1/2 K (125 ml) gouestroop
1/2 K (125 ml) botter
1 K (250 ml) meelblom
1/2 K (125 ml) suiker
1 E (15 ml) gemaalde gemmer
knippie sout
Verhit die stroop en botter tot kookpunt. Sif die meel, suiker, gemmer en sout saam. Voeg geleidelik by die stroop-en-bottermengsel en roer voortdurend. Klop deeglik saam tot dit soos dik room lyk. Laat effens afkoel. Skep teelepelsvol 75 mm van mekaar op bakplate. Bak 12-15 minute lank in 'n koel oond by 160graC (320graF). Haal uit die oond en rol dadelik om die handvatsel van 'n dik houtlepel. Laat afkoel.
Dit kan in 'n lugdigte houer bewaar word. Vul met geklopte room en sit dadelik voor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html

SJOKOLADETRUFFELS
(sowat 80 truffels)
Niemand kan 'n romerige koel sjokoladetruffel met koffie aan die einde van 'n heerlike maaltyd weerstaan nie.
400 g donker Albanie-sjokolade
2 E (30 ml) botter
1/2 K (125 ml) room
1/2 K (125 ml) koffielikeur of ekstra-sterk swart koffie
Smelt die sjokolade en botter oor warm (nie kokende nie) water. Voeg die room en likeur by. Plaas die mengsel in die koelkas tot dit begin stol en soos 'n pasta lyk.
OM IN TE ROL
kakao versiersuiker sjokolade-vermicelli Sprinkel gelyke hoeveelhede gesifte kakao en versiersuiker oor die werkoppervlak. Rol die pasta tot 'n worsie. Sny klein stukkies af en rol in balletjies. Rol elke balletjie in die sjokolade-vermicelli en plaas in klein foelie- of papierdoppies (lekkergoedpapiertjies is beskikbaar onder die Elizabeth Hadson-etiket). Bewaar in die koelkas tot benodig. Moet dit nie langer as 2 dae voor die tyd maak nie om te verseker dat die geur op sy beste is. Sit voor met goeie koffie.
Variasies:
Plaas 'n neut op elke truffel. Spuit wit sjokoladedraadjies oor. Plaas 'n glanskersie wat in sjerrie geweek en afgedroog is in die middel van elke truffel. Voeg rum by die mengsel pleks van die koffielikeur.
Wenk: Die beste manier om sjokolade te smelt, is oor stadige hitte - dit sal sag wees maar nog vorm hê. Moenie te warm maak of laat aanbrand nie. Dit kan ook in die mikrogolfoond op Laag of Medium gesmelt word - roer dan elke paar sekondes.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-koeke-en-muffins.html


No comments:

Post a Comment