Friday, 7 February 2014

GROOTMAAT GROENTE



PAMPOEN / PATATROL
Ons het dit met ons kerk-ete geëet en dit was heerlik. Vanoggend die resep by die Kerkkantoor gekry. Mens kan dit halveer as jy dit vir 'n gesin wil maak. Harrismith Moedergemeente:
Hantie vd Merwe
(Lewer 48 porsies)

2 Rolle Blaardeeg
1 kg Gaar fyngemaakte patats of pampoen(Butternut is lekker)
Voeg bietjie sout by die water wanneer kook.

Sous:
2 kop suiker
2 kop room
1 kop melk
Kook saam vir 10 minute en gooi 1 teelepel vanilla essens by.

Metode:
1. Voorverhit oond tot 180’ C
2. Rol deeg effens uit – twee rolle apart
3. Smeer pampoen/patats bo-oor elkeen
4. Rol in dwarste op dat dit lang rolle vorm
5. Sny 24 skywe per rol en pak plat in 2 gesmeerde oondpanne
6. Gooi warm sous oor en bak vir 45 min. in oond
Rista Greyvenstein
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-groente.html


No comments:

Post a Comment