Monday 28 April 2014

TANT FRIKA SE LAMSKENKELS




TANT FRIKA SE SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/tant-frika-se-lamskenkels.html
6 skaapskenkels (opgesaagde skenkels werk ook, maar dit is baie lekkerder as elkeen sy eie skenkel
kry)
Marinade:
3 groot uie fyn gesny 
½ koppie blatjang
½ teelepel fyn gemmer 
2 huisies knoffel, fyn gekap
12.5 ml heuning 
½ koppie bruin asyn
½ koppie tamatiesous 
25 ml appelkooskonfyt
1 blokkie biefekstrak 
5 ml mosterdpoeier
'n Knypie fyn naeltjies, neutmuskaat en tiemie 
Sout en peper na smaak
25 ml sjerrie
Braai die uie en knoffel in 'n klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestanddele by.
Prut stadig vir sowat 'n halfuur en roer.
Plaas die skenkels in 'n oondbak en giet die marinade bo-oor.
Maak die bak toe en los oornag in 'n oond gestel op 100ºC.
Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop in 'n baie warm oond 220ºC.
Draai ná tien minute en bedruip weer.**

Sarel Swart **


 


  

No comments:

Post a Comment