Thursday 26 June 2014

MAKLIKE PANNEKOEK


MAKLIKE PANNEKOEK 1
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/maklike-pannekoek.html
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
2 eiers
2 koppies melk
1 eetlepel botter, gesmelt
kookolie


MAAK SO:
Klits die meel, bakpoeier, sout, eiers en melk 8 minute lank. Laat dit vir ten minste 30 minute staan. Roer die gesmelte botter by en meng deeglik. Verhit net genoeg olie in ´n pan om die bodem te dek. Gooi net genoeg beslag in die pan om die bodem te dek. Draai die pannekoek om as dit borreltjies maak. Dit moet uit as dit goudbruin is.
Bedien met ´n mengsel van kaneel en suiker en hou ook bietjie suurlemoensap byderhand.26/6/2014 **
Kos vir kampeerders met idees vir kampering
 



MAKLIKE PANNEKOEK 2

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/maklike-pannekoek.html

1 eier
1 kop water
1 kop meel
sout en n
 1/2 k Olie[halwe kop olie.]
Flatervry. Maklik dit werk. Warmpan verkoel effe en soedaR

n.s>
Verdubbel soos nodig
Hier verdun jy en kry 20**
Sylvia Fourie

Hier het ek Sylvia Fourie se Pannekoek gebak en dit is HEERLIK* Helena Kruger *27/07/2015

 


*****************************************************************************
 



MAKLIKE PANNEKOEK 3
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/maklike-pannekoek.html
Die enigste pannekoek resep wat jy nodig het. Flop nooit en is nooit rubber nie, selfs as dit koud is.

Pannekoek

4 k meel
4 eiers
5 k water
½ t sout
4 t bakpoeier
½ k olie
Meng alles baie goed saam en bak, die geheim is om die bakpoeier laaste by te gooi en goed te meng.*
Amke Fourie* 3/6/2015
Geplaas deur Andre Potgieter



 PANCAKE RECIPE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/maklike-pannekoek.html
3 1/4c water
125ml oil
15ml vinegar
2c flour
2t baking powder
2ml salt
2 eggs


METHOD:
Combine the water, oil & vinegar.
Sift, flour, salt & baking powder, add this to the water mixture and mix well.
Whisk i
n eggs 1 x 1 until there are no lumps left.
Let stand for 5 mins..do not stir again.
Use a tiny bit of oil for the 1st pancake, thereafter no oil needed in pan.
Sprinkle with cinnamon sugar
**Hilda Dates Steyn*

HILDA SE PANNEKOEK
Pannekoek ~ Ek gaan nie eers vir julle ‘n ander pannekoek resep plaas nie want hierdie ene maak ek self al jare en is absoluut heerlik…!♫
3 x 250ml Koekmeel
3 Groot eiers
175ml Olie
25ml Asyn
3ml Sout
15ml Bakpoeier
4 x 250ml Water

Metode:
1. Klits eiers en water baie goed.
2. Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed.
3. Gooi Koekmeel by en klits.
4. Gooi Bakpoeier heel laaste by en klits vir 1min.

WENKE
**Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter.
***Ek maak mynne gewoonlik in die oggend en laat staan tot vannaand wanneer ek bak. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir 1 week.

Bron: Hilda Dates Steyn  


Hier het ek Hilda Dates Steyn se Pannekoek gebak en dit is HEERLIK** Dankie Hilda.>>Helena Kruger 27/07/2015










2 comments: