Thursday 10 July 2014

VARK RIBBETJIE - LEKKER

Vinger lekker Vark Ribbetjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/lekker-vark-ribbetjie.html

deur Olivia Rowe
Ek het die resep begin maak 18 jaar gelede toe ek getrou het met my eerste liefde!! Dit is nou ‘n groot gunsteling met my man en 2 tiener dogters!! Ek kan nie hierdie resep maak sonder hierdie 3 bestanddele nie: Heuning, tamatie sous en barbeque sous.

OOND: 200 grade celcius op rooster.
BESTANDDELE:

1-2kg loin en skouer vark ribbetjies
Knippie Sout
Knippie Peper
2 teelepels Ina Paarmans vleis speserye
25ml soya sous
25ml Worcester sous
TAAI SOUS BESTANDDELE:

‘n halwe koppie tamatie sous
25 ml suurlemoen sap
50ml gladde appelkoos konfyt
20ml heuning
50ml chutney
50ml vrugte rissie sous
10 ml soya sous
‘n halwe koppie barbeque sous
50 ml jimmys sous
25ml bruin suiker

METODE
 Plaas die sout, peper, speserye, soya sous en Worcester sous oor die ribbetjies en vryf dit goed in. Plaas die TAAISOUS BESTANDDELE almal saam mekaar en plaas in mikrogolf oond sodat die konfyt kan smelt. Sit die ribbetjies in ‘n groot oondbak. Gebruik ‘n kwassie en verf die sous oor die ribbetjies en plaas in die oond. Hou dit goed dop en verf die sous oor elke 15 minute tot goud bruin. As die een kant gaar is dank an dit omgedraai word en dieselfde kan met die ander kant gedoen word. As dir klaar is ,haal dit uit die oond en laat dit ‘n bietjie afkoel voordat jy dit opsny. Bedien voor met ‘n mengel slaai en gebakte aartappel .
WENK:
 

 As jy nie baie tyd het nie en jy wil dit vir gaste voorberei, plaas die ribbetjies met die marineer bestandele in die oondbak wat totaal met foelie bedek is in ‘n lae oond van 120 grade celcius vir 1 tot 2 uur,dan ‘n half uur voor jou gaste kom dank an jy net die taai sous opsit en dit onder die rooster plaas tot bruin!!! Dit sal so sag wees dat dit van die been af sal smelt!!! EK HOOP JULLE GENIET DIT SOOS MY FAMILIE!!*Pasella

No comments:

Post a Comment