Wednesday 23 July 2014

MAKLIKE APPELPOEDING




MAKLIKE APPELPOEDING
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/maklike-appelpoeding.html

  • 1 koppie meel
    1 koppie suiker
    1 teelepel bakpoeier
    ¾ koppie melk
    125 g botter
    1 blik (400 g) tertappels, gedreineer
    ’n knippie gemengde speserye of fyn kaneel
Só maak jy
Meng die meel, suiker en bakpoeier saam
Gooi die melk by en klits die mengsel tot glad
Smelt die botter, maar moenie dit laat kook nie, en roer dit by die meel-en-melkmengsel
Gooi die beslag in ’n gesmeerde oondbak en pak die tertappels bo-op. Strooi die gemengde speserye of kaneel oor en bak dit in ’n oond van 180 ºC vir sowat ’n halfuur of tot mooi goudbruin en gestol
Sit die appelpoeding warm voor saam met geklopte room of vla.*
RESEP ELIZABETH HAW FOTO’S DONNA LEWIS>Weg.co

 



No comments:

Post a Comment