Wednesday 23 July 2014

MARIEBESKUITJIEROL

MARIEROL / MARIEBESKUITJIEROL

1 blik Karamel treat
1 pakkie Marie Beskuitjies
'n paar ekstra koekies, baie fyn gekrummel

METODE
Plaas 'n stuk foelie op die tafel.  Smeer elke mariekoekie met reat en stapel die koekies opmekaar om 'n rol te vorm. Druk die koekies goed vas.  
Strooi nou die koekiekrummels op die foelie. Smeer die rol aan die buitekant regrondom en plaas dit op die krummels.Maak seker die krummels is regrondom en ook bo en onder aan die rol.
Maak die foelie toe en plaas die rol in die vrieskas oornag. Dit is nodig sodat die koekies sag kan word van die treat.
Wanneer reg om te bedien, sny die hoek van rol skuins af en sny dan skuins snytjies.
Ek sny die snytjies weer middeldeur.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/mariebeskuitjierol.html

No comments:

Post a Comment