Thursday 10 July 2014

POFOMELET



DENNEHOF SE POFOMELET
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/pofomelet.html

Ek doop hierdie omelet ‘Dennehof se Wonderwolk’. 
Skei twee eiers,
klits die eierwit goed styf,
klits die eiergeel (ek gooi  1 eetlepel kraanwater by).
Geur eiergeel met sout en peper.
Smelt botter in die pan, gooi die geklitste eierwit in die pan en giet dan die geklitste eiergeel bo-oor. Net dit – jy roer nie, jy staan net in verwondering hoe die eiergeel sy lê kry onder die wolk van eierwit in.
Bak dit tot goudbruin onder en die eierwit gestol maar nog wolkerig.
Gooi jou omelet-vulsel oor die een helfte, vou oor en glip dit uit die pan tot op jou mooiste brekfis bordjie.*.huiskok.com**

No comments:

Post a Comment