Saturday 16 August 2014

BOTTERHOENDER


BOTTERHOENDER

Dis geen verrassing dat botterhoender een van die mees geliefde Indiese geregte ter wêreld is nie. Die sous kan so sterk gemaak word as wat jy daarvan hou. Ons s’n is matig. Voeg dus nog brandrissiepoeier by as jy dit sterker verkies.

125 ml (½ k) Griekse jogurt
3 knoffelhuisies, fyngedruk
4 cm gemmer, gerasper
10 ml (2 t) fyn komyn
10 ml (2 t) fyn koljander
5 ml (1 t) masala
2 ml (½ t) brandrissiepoeier
6 hoenderborsies, in skywe gesny
15 ml (1 e) olie
20 g botter
1 ui, in skywe gesny
1 blik (410 g) tamatiepuree
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
rys en vars koljander vir voorsit

Meng die jogurt, knoffel, gemmer, komyn, koljander, masala en brandrissiepoeier in ’n nie-metaalbak. Voeg die hoender by en meng om te bedek. Verkoel 1 uur.
Verhit die olie en botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui by en roerbraai 3 minute of tot sag.
Voeg die hoendermengsel by en kook 5 minute. Voeg die tamatiepuree en aftreksel by, bedek en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut terwyl jy roer 10 minute of tot die sous verdik het.
Sit voor met rys en vars koljander.

WENKE:
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Verkoel: 1 uur
Gaarmaak: 20 min.
Bron:Huisgenoot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/botterhoender.html

No comments:

Post a Comment