Saturday 23 August 2014

BRANDEWYNTERTJIES

Elda Steyn Langenhoven

BRANDEWYNTERTJIES 

BESLAG: 
250g dadels, 
5ml koeksoda, 
250ml kookwater, 
250ml witsuiker,
60ml botter of margarine, 
1 eier, 
375ml koekmeel, 
2ml bakpoeier, 
2ml sout, 
125ml gekapte neute 

STROOP: 
300ml witsuiker, 
250ml water, 
15ml botter, 
knypie sout, 
100ml brandewyn, 
2ml vanielje geursel. 

Sny dadels fyn en strooi die koeksoda oor. Giet die kookwater oor en laat rukkie afkoel en om sag te word. Meng die witsuiker en botter goed. Voeg die eier by en meng. Voeg die eiermengsel by die dadelmengsel. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en roer dit by die dadelmengsel asook die neute. Smeer of spuit klein kolwyntjiepannetjies. Skep twee derdes vol beslag en bak ongeveer 15 na 20 min by 180°C tot mooi bruin en gaar. STROOP: Kook suiker, margarine en sout saam vir ongeveer 5 min. Haal van stoof af en voeg brandewyn en vanielje by. Dompel warm tertjies vinnig in stroop en laat afkoel. 
BronN:  Huisgenoot resep van 1988
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/brandewyntertjies.html

No comments:

Post a Comment