Sunday, 24 August 2014

LOPERIGE PEPERMENT EN GEMMERPOEDING

Loperige peperment-en-gemmerpoeding
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/loperige-peperment-en-gemmerpoeding.html150 g kruisementgeur donker sjokolade, grof gekap
20 g botter
4 eiers, geskei
10 ml (2 t) fyngedrukte gemmer
10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
125 ml (½ k) suiker
15 ml (1 e) meel
vla vir opdiening

Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Smeer 6 vorms liggies.
Smelt die sjokolade en botter in ’n bak oor pruttende water oor lae hitte en sit dan eenkant om af te koel.
Klits die eiergele by die sjokolademengsel in en dan die gemmer, vanielje en suiker. Vou die meel in.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm.
Vou hulle by die eier-en-sjokolademengsel in en giet hulle in die gesmeerde vorms.
Vries vir 1 uur.
Bak 10 minute of tot effens gerys, maar steeds loperig in die middel.
Sit voor met vla.
- Hope Malau

Deur Huisgenoot Digitaal - Hope Malau
Bereiding: 1 uur
Baktyd: 10 minute
Genoeg vir 6 mense