Wednesday 6 August 2014

PYNAPPEL BLOMMETJIES


PYNAPPEL BLOMMETJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/pynappel-blommetjies.html

So maak jy die pynappel-madeliefies:
Skil 1 groot pynappel of 2 kleintjies en verwyder die ogies met ‘n spanspek-‘baller’ of skerp messie.
Sny in baie dun snytjies.
Voer 2 bakplate met bakpapier uit, plaas die skyfies pynappel daarop en droog dit in ‘n oond teen 110°C uit.
Draai versigtig om na sowat 40 minute in die oond.
Oppas dat dit nie te bruin raak nie, maar ‘n paar puntjies hier en daar is nie ‘n problem nie. 
Om die blommetjies ‘n mooi vorm te gee, plaas dit in klein muffinpannetjies as dit uit die oond kom.
As die pynappelblomme te klein is, gebruik eierkelkies of iets soortgelyk om dit in neer te sit.
Nog wenke:
kies pynappels wat ferm is en nie te ryp nie. Vir verskillende grootte blommetjies gebruik 1 groot pynappel en 1 kleiner pynappel.**//huiskok.com*

No comments:

Post a Comment