Monday 6 October 2014

1,2,3, GOGGAKOEK

1,2,3 GOGGAKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/123-goggakoek.html
KOEK
375 ml (1½ k) strooisuiker
375 g Stork Bake
7 eiers
750 ml (3 k) bruismeel, gesif
15 ml (1 e) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
60 ml (¼ k) melk
10 ml (2 t) vanieljegeursel

VERSIERSEL
125 g Stork Spread, sag-
gemaak
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
15-30 ml (1-2 e) water, melk of suurlemoensap
koskleursel van jou keuse
helderkleurige lekkers en pyp-skoonmakers

KOEK
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee ronde koekpanne met ’n 22 cm-deursnee. Voer dit met bak-papier uit en smeer weer.

Plaas al die bestanddele in die volgorde waarin hulle gelys is, in ’n groot mengbak en klop sowat 3 minute tot ’n gladde deeg. Gooi in die bereide panne. Bak 30-40 minute tot gaar. (’n Toetspen moet skoon uit die middel van die koek kom.) Laat 10 minute in die panne afkoel en keer dan op draadrakke uit om heeltemal af te koel.

VERSIERING
Klop die STORK SPREAD tot donsig en voeg die versiersuiker by. Klits tot goed gemeng en voeg ’n biet-jie vloeistof by tot die versiersuiker smeerbaar is. Plaas een koek op ’n bord. Kleur van die versiersuiker ’n helder kleur en bedek die koek daarmee. Sny die ander koek in die helfte en smeer met ’n ander kleur versiersuiker. Rangskik die twee helftes op die eerste koek sodat dit soos goggavlerke lyk. Versier die vlerke met lekkers. Gebruik helderkleurige lekkers vir die oë en mond en pyp-skoonmakers vir die voelers.
Lewer 1 groot koek.

Bron: Huisgenoot

No comments:

Post a Comment