Monday 6 October 2014

TSJERMOULA HOENDER / CHERMOULA CHICKEN



Tsjermoela is ’n geurige Marokkaanse smeermengsel wat baie lekker is saam met vis en hoender. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/tsjermoula-hoender-chermoula-chicken.html
TSJERMOELA
1 groot ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
7 ml (1½ t) fyn komyn
2 ml droë brandrissiepoeier
5 ml (1 t) gerookte paprika (of gewoon)
7 ml (1½ t) borrie
skil en sap van een groot suurlemoen
60 ml (¼ k) vars pietersielie, fyn gekap
60 ml (¼ k) vars koljanderblare, fyn gekap
5 ml (1 t) sout
2 ml grof gemaalde swartpeper
60 ml olyfolie
HOENDER
8 hoenderporsies
500 g jong aartappels, gaar
vars pietersielie vir garnering
2 groot suurlemoene, gehalveer
Meng al die bestanddele vir die tsjermoela. Plaas die hoenderstukke in ’n groot glasbak, skep die tsjermoela oor en meng. Laat marineer oornag of minstens ’n uur of twee.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die hoender in ’n oondbak en bak sowat 40 minute of tot byna gaar.
Sny die aartappels in kwarte en rangskik dit tussen die hoenderstukke. Bak nog 15-20 minute of tot gaar.
Garneer met vars pietersielie en sit voor met suurlemoenhalwes en vars gebakte brood.
WENKE
Daar is baie verskillende resepte – pas dit aan om by jou smaak te pas.Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Staantyd: oornag of minstens ’n paar uur
Gaarmaaktyd: 40-60 minute
Bron: Huisgenoot

No comments:

Post a Comment