Monday 6 October 2014

HOENDERLEWERSLAAI

Hoenderlewerslaai
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/hoenderlewerslaai.html
Dié slaai is ryk en vullend, een vir die manne...

250 g vars hoenderlewers,skoongemaak
80 ml olyfolie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 g rugspek
6 dik snye Franse brood
250 g gemengde slaaiblare
125 g knopiesampioene, in dun repies gesny
1 avokado, geskil en in stukkies gesny

Slaaisous
60 ml suurroom
30 ml witwynasyn
5 ml Dijonmosterd
5 ml heuning
15 ml vars suurlemoensap
Sout en vars gemaalde swartpeper

Geur lewertjies met sout en peper. Verhit helfte van die olie in ’n pan en braai hoenderlewers tot goudbruin en net gaar. Verwyder uit die pan.

Voeg die res van olie by en braai die spek daarin tot bros. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Braai Franse brood in dieselfde pan tot goudbruin en bros aan albei kante. Skep uit en dreineer op kombuispapier.

Rangskik die slaaiblare op vier borde. Verdeel hoenderlewers tussen die borde en krummel bros spek grof oor, gevolg deur die brood. Sprinkel sampioene en avokado oor. Roer al die bestanddele vir die slaaisous saam en drup oor die slaai. Lewer 4 porsies. 

Bron: Deur Arina du Plessis Huisgenoot

No comments:

Post a Comment