Thursday 2 October 2014

BAR ONE KOLWYNTJIES

BAR ONE KOLWYNTJIES

42 g botter
85 g donker bruinsuiker
1 eier, geskei
60 g donker sjokolade
125 ml (½ k) meel
2 ml (½ t) bakpoeier
2 ml (½ t) koeksoda
’n knippie sout
125 ml (½ k) melk
50 g korente
VERSIERSEL
200 g Bar-One-sjokolade, in skywe gesny
225 g botter
15 ml (1 e) melk

500 ml (2 k) versiersuiker
Ekstra stafie Bar-One vir versier
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n kolwyntjiepan uit met papierdoppies.
Verroom die botter en bruinsuiker saam in ’n mengbak. Voeg die eiergeel by terwyl jy klits tot goed gemeng. Smelt die sjokolade versigtig in die mikrogolf en voeg by die bottermengsel.
Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in by die bottermengsel. Giet die melk in en meng tot ’n gladde beslag vorm. Roer die korente in.
Klits die eierwit tot sagte pieke vorm. Vou met ’n spatel by die beslag in.
Maak die kolwyntjiedoppies twee derdes vol en bak 25 minute of tot deurgaar. Laat heeltemal afkoel.
VERSIERSEL: Smelt die skywe Bar-One en meng die botter en melk in. Sif die versiersuiker in, en klits tot dik en glad. Plaas in ’n spuitsak en versier die kolwyntjies. Sit stukke Bar-One bo-op.
Bron: Huisgenoot
Lewer 8
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/bar-one-kolwyntjies.html

No comments:

Post a Comment