Thursday 2 October 2014

KERRIE KORINGSLAAI



KERRIE KORINGSLAAI

SLAAI

500 ml (2 k) stampkoring of gort
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
4 stingeluie, gekap
2 stele seldery, gekap
50 g okkerneute, gekap
hand vol vars koljanderblare

SLAAISOUS:
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
45 ml (3 e) strooisuiker
10 ml (2 t) suurlemoensap
15 ml (1 e) geroosterde masala
10 ml (2 t) fyn komyn
sout en vars gemaalde swartpeper
koljanderblare vir oorsprinkel

METODE:
Slaai

Kook die koring of gort volgens die aanwysings op die pak. Spoel af en dreineer.
Meng die soetrissies, stingeluie, seldery en okkerneute deur die koring of gort en hou eenkant.
Slaaisous
Meng al die bestanddele
Meng die sous deur die slaai, sprinkel die koljanderblare oor en sit voor.
Bron: Huisgenoot
Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 20 min.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/kerrie-koringslaai.html

No comments:

Post a Comment