Wednesday 1 October 2014

RESEPTE VIR JONG BRUIDE

BOERE DUMPLINGS                         
3 ½ k Koekmeel
2 t Kitsgis
3 tlp Suiker
1 ½ tlp Sout
± 250 - 300ml Water.
Meng die bestanddele (as jy 'n menger het sommer daarmee), maak toe met plastiek en laat rys terwyl jou vleis gaar word.
Die laaste 20min, sit jou klein bolletjies op die vleis en maak die pot toe. MOENIE die pot oopmaak voor die tyd om is nie. En daar's hy!!
Geplaas deur: Dalene Brits



DUMPLINGS
Petra Vorster en almal wat dumplings op vleis resep soek. Hierdie resep word gereeld deur my gebruik en dit is so lig en maklik.
250ml koekmeel
10ml Bakpoeier
1ml Sout
12,5ml botter (margarine)
175ml melk
1. Sif droë bestandele saam, vryf die smeer in en sny vloeistof in met 'n slaplemmes. (Ek meng dit sommer met 'n gewone lepel)
2. Jy kan vloeistof byvoeg indien die beslag te styf is. (Beslag kan eerder te slap wees as te styf.)
3. Doop 'n lepel in die vleissous of sommer net enige water en skep lepels vol op jou sop of vleis.
4. Sit die deksel op en laat 10 na 15 min lank stadig kook. Moenie oopmaak voor daar nie ten minste 10 min verstreke is nie. (Ek laat dit altyd 15min kook.)
Pulane Alcock IN EN OM DIE HUIS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/kluitjies-op-vleisgeregte.html


BOLOGNESE SOUS

2 Uie
80 ml Olyfolie
350g Beesmaalvleis

Braai uie in olie tot deurskynend.  Voeg vleis by en braai bruin.

80 ml Rooiwyn
2 Splashes Worcester Sous
1 destlp Steak & Tjops
2 eetlps Asyn
2 ½ tlps Heuning
3 Knoffelhuisies, gekneus
¾ tlp Sout
¾ tlp hot Chillie paste (Peri-peri)
¾ tlp Paprika
2 tlps Oreganum
¾ tlp Swartpeper
60g Tamatiepasta
1kg gekapte vars Tamaties
Voeg die res van die bestanddele by en simmer vir ten minste 45min, maar verkieslik 2 ure.

Maak witsous met Bruismeel en roer dit in die pasta. Gooi dan die sous bo-oor en dan bietjie kaas.



HELENA SE BOBOTIE!!

Hierdie is die lekkerste resep wat ek ken. Geheim le in die speserye wat verhit word - oppas vir aanbrand!
Bobotie
GROEP A
20 ml fyn gemmer
30 ml sagte bruin suiker
10 ml kerriepoeier
15 ml borrie
10 ml sout
1 ml peper
60 ml margarien
5 med. uie, gekap
Verhit in swaarboom-kastrol (oppas vir brand!)
Voeg margarien by en soteer uie tot sag.

GROEP B
2 snye witbrood in water geweek
1 kg maer maalvleis
150 ml pitlose rosyne
60 ml blatjang
30 ml fyn appelk.konfyt
30 ml asyn
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiepasta
Druk water uit brood en meng met res van B se bestanddele
Meng met maalvleis en kook 20 min. oor lae hitte
Skep in gesmeerde bak
Helena Kruger
GROEP C
 375 ml melk
 2 eiers
 vars suurlemoenblare
 Klits melk & eier saam, giet oor vleis.
 Druk hier & daar ‘n suurlemoen blaar in vleismengsel.
 Bak 45min. by 180 °C WEG 3/12/10
 N.S dit is n baie Lekker resep!!!Geniet hom Helena 3/12/10 B

BASIESE QUICHE
125ml Botter{saggemaak]
250ml Koekmeel
250ml Gerasperde Kaas
5ml gemengde Kruie[as jy wil]
Knippie sout
Vryf botter in jou meel met jou vingerpunte[krummels]
Voeg kaas en jou kruie by
Rol n sagte bol en drukdit in n foelie-tertbakkie vas
Plaas vir so 5min. in yskas en giet dan jou vulsel in jou kors en bak dit vir so 30min by 180*C

VULSEL
1k Room
1 eier
1t Bakpoeier
sout en peper
Klits jou room en eier en voeg bakpoeier by, geur en bak dan

WENKE
Kap 500g Sampioene grof, braai in bietjie botter en skep dit eweredig in jou kors
Dreineer n Blik Aspersies stukkies en skep dit in kors en gooi dan jou vulsel bo-oor
Braai uie en n paar peppedews in bietjie botter en plaas dit bo-op kors en dan jou vulsel 14/11/11 Helena Kruger.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/quiche.html


FLOPVRY MARKDAG SJOKOLADEPLAATKOEK
Arina du Plessis
Lewer 24 blokkies.
Wat ook al die geleentheid, dié resep is ’n redding.
Dis blitsig, ekonomies en flopvry.

750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water
250 ml olie
60 ml asyn
10 ml vanielje geursel

Voorverhit die oond tot 180 C.
Smeer ’n standaard oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot gemeng.
Voeg die water, olie, asyn en vanielje geursel by en pols tot ’n gladde beslag.
Gooi in die oondbak, smeer gelyk en bak vir 20 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache.2/4/13
Geplaas deur:Charina Fourie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/plaatkoek-vir-markdae.html

VERSIERING
125g goeie margarine of botter 375ml
(1 ½ koppies) versiersuiker
15-30ml (1-2 eetlepels) kakao … sif maar die twee goedjies saam want dan verhoed jy klontjies.
1 teelepeltjie vanilla geursel.

Klop daai botter/margarine tot dit romerig is.. en voeg dan die versiersuiker stadig bietjies vir bietjies by terwyl jy aanhou klits.. Voeg jou vanilla geursel by. Sodra jou koek gaar is en uit die oond kom, smeer jy hierdie versiersuikermengsel bo oor… en los hom dat hy afkoel

KLEIN FRIKKADELLETJIES
Louise Groenewald – eie resep

Toe ek die frikkies vir ‘n charity geleentheid gemaak het, het ek dit afgeweeg toe ek die bolletjies gerol het. 20g elk. Jy kry 60 uit op 1 Kg mince. Dit help as jy volgende keer weer ‘n groot hoeveelheid moet maak, dan weet jy hoeveel jy kan uitkry. Ek het 30 op ‘n slag in die elektriese braaipan gaargemaak op medium hitte vir 10 - 15 minute met die deksel op. Dreineer op handdoekpapier.
Op die stoof in ‘n gewone pan in vlak olie neem dit 10 minute. Draai een of twee keer.
Of bak in die oond teen 180°C vir omtrent 15 - 20 minute. Draai een keer.

1 Kg Lean Mince
2 Eetlepels All Gold Tamatiesous
2 Eetlepels Mrs. Balls Mild Chutney
5ml Sojasous
5ml Ina Paarman’s Garlic & Herb Seasoning
5ml Knoffelsout
5ml Aromat
5ml Gedroogte gemenge Kruie
5ml Komyn (Cumin jeera)
5ml Fyn Koljander
‘n Paar draaie Swart peper
½ Koppie droë Broodkrummels (die soort wat jy in die winkel koop)
1 Extra Large Eier

Meel om in te rol

Meng alles liggies saam en rol bolletjies. Sit bietjie meel in ‘n bak, plaas frikkies in bak en sprinkel bietjie meel bo-oor. Skud bak heen en weer om frikkies met meel te bedek. Maak gaar soos verkies.

HELENA SE FRIKKADELLE
1 kg maalvleis.
1 ui fyngerasper.
1 aartappel, fyngerasper
1/2 k  Koekmeel [miskien bietjie meer kyk net ]
2 eiers.
2 eetl. tamatiesous.
2 eet. worcestersous.
2 eetl. bladjang.
1 tl. sout.[na smaak]
bietjie peper
Metode:
Meng alles goed. .
Ek kook myne op die stoof in n bietjie water met 1 hoenderblokkie in opgelos[so die helfte teen jou balletjie op] dan maak dit n baie lekker sousie pasop dit brand stadig kook>15min
N.S.Rol eers jou balletjies in skoon koekmeel voor jy dit in die kastrol of pan op die stoof plaas dan is dit baie lekker] O ja en moenie die balletjies te styf rol nie lekker groot losserige balle is baie lekker..  Helena Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*29/6/13
N.S>Jy kan 1 pakkie tomato paste inroer in jou watermengsel*

VINNIGE FRIKKIES
Lizanne Conradie Brink
1kg mince,
klein houer plain yogurt, en n
pakkie sop poeier (enige smaak wat jy soek, ek gebruik brown onion of mushroom) - meng als saam en rol balle, dit is vreeslik leke


RIA SE GEMMERBIER
Ek kry altyd komplimente oor die resep..word gese' dis soos hul ma/ouma dit gemaak het..

5cm stuk gemmerwortel geskil en gekneus..
kook dit vir so 10 min in 1 liter water...
voeg nog 4 Liter kouewater by...
4 kop witsuiker..
12,5 ml kremetart...
7ml bloubierpot pakkie gis..dis die groter kitsgissakkie..
handvol rosyne gekneus met pitte...’

Roer alles tot suiker gesmelt is.
Laat staan 12 ure, syg deur kaasdoek en bottel.
Voeg van die rosyne in elke bottel.
Jy kan die afsaksel/moer vir 'n volgende keer bere, as 'plantjie'.

Die volgende brousel is dan sterker wees, voeg weer alles net by die 'plantjie'..hou in yskas..


GEVULDE HOENDERBORSIES
Mens kan regtig enige vulsel gebruik vir die borsies. Sny met 'n skerp mes 'n gleuf of sakkie in die borsie. Vul met vulsel van jou keuse. Strooi kwistig met hoenderspeserye en rol dan in meel. Braai liggies in olyfolie. Nou bak jy dit in die oond vir SLEGS 12 - 15 minute.Te lank bak maak die vleisie droog. Gooi nou bietjie witwyn in die pan waarin die borsies gebraai is om 'n sousie te vorm en gooi dit oor die vleisie wanneer jy opskep.
VOORBEELDE VAN VULSELS:
1. Braai uie en tamaties met speserye.
2. 3 -5 gerookte mossels - baie lekker.
3. Songedroogte tamaties gekap>
Gebruik hier jou verbeelding.

HAKE FILLET A LA MAMA
3 Eiers, geklits
1 k Bruismeel of gewone koekmeel
½ tlp ‘crushed garlic’ (in botteltjie)
½ tlp Aromat
Visspeserye
Hake filette
(GEEN SOUT)

Meng die meel en garlic en aromat in ‘n platterige bak  soos roomys bak.
Sny die vis in porsie grootte  en strooi visspeserye oor.  Rol nou in die meel. Laat le die vis daarin totdat dit tyd is om te bak.
Maak die olie warm, doop nou die vis, wat eers in meel gerol is, in die eier en sit dadelik met die velkant na bo in die olie.
Draai om en steek met die vurk aan die dikkant van die vis. As daar nie meer vog uitkom nie is die vis gaar.
Dit vorm wel ‘n korsie om die vis maar nie ‘n dik deeg wat dikker as die vis is nie!
Bedien met skyfies of net slaai.
(Ek gebruik bruismeel)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/hake-fillet-la-mama.html


LEKKERSTE SOUS VIR HAMBURGERS, BOEREWORSROLLE ENS.
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, May 27, 2011 at 3:25pm.
5 Uie gekap/gerasper
112.5ml Olie
Braai uie tot deurskynend in olie.
Pasop vir brand – dit maak sous bitter.
Haal van stoof af.
Voeg by die uie –
114ml Tamatiesous
75ml Mosterdsous
110ml Asyn
4E Worcestershiresous
250g Suiker

Plaas terug op plaat en roer tot dit kookpunt bereik.
Meng apart –
100ml Koekmeel
20ml Maizena
200ml Water

Voeg hierdie meelmengsel by die uiemengsel.
Laat opkook [dit kook nie baie vinnig nie, want dis ‘n dik sous]
Laat dan stadig prut vir 5 minute.
Hierdie sous kan saam met hamburgers, boerewors rolle, prego rolle,
Hoenderburgers of enige ander tipe vleiserigheid gebruik word.
Dis absoluut fantasties.
Ek maak gewoonlik baie hiervan en vries dit dan ‘n kleiner houers,
dan het ek altyd sous


BESTE BURGER 
(6 porsies)
700g maalvleis                                                
125ml broodkrummels
20ml mostert                                       
20ml tamatiesmeer
3 knoffelhuisies gekneus                    
 2 eiers
2ml peper
VIR DIE SOUS
200ml natuurlike jogurt                                               
Handvol vars kruisement opgekap
Blaairslaai, tamatie en agurtjies vir bedizening          
Metode:
Voorverhit die oondrooster.
Spruit ‘n groot kleefwerende bakplaat met kossproei.
Meng die maalvleis, broodkrummels, mostert, tamatiesmeer, knoffel, eiers en peper saam in ‘n groot mengbak.
Vorm 6 groot koekies uit die vleismengsel.
Maak ‘n effense duik in die middel- dit sal vanself regkom soos die vleis gaar word.
Plaas die vleiskoekies op die bakplaat en rooster vir sowat 5min per kant of tot vleis goudbruin en deur gaar is.
SOUS
Berei die sous voor deur die jogurt en kruisement saam te meng.
Stapel die burger op ‘n broodrolletjie van jou keuse, en sit van die sous tussen die tamatie en blaarslaai lae.*Avokado 2011* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hamburgers-en-souse.html


HEMELSE STEAK
1kg tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en mushrooms in 'n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe metdeksel. Bak vir 60 - 90 min by 160 grade.
Geniet! Kosmater
*Henriette Wessels Ek het hom toevallig verlede naweek gemaak - ryk maar baie lekker!24/4/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hemelse-steak.html


Louise Groenewald
LEKKER HOENDER MAYO TOEBROODJIES
Ina Paarman Seasoned Salt
Ina Paarman Green Onion Seasoning
Nola Mayonnaise
Hoenderborsies  met been aan!

Ek maak gereeld by 'n stalletjie toasted samies en kan nie voorbly met die kiepie mayo nie! My geheim is om net hoenderbors (met been in) te gebruik, sprinkle bietjie Ina Paarman Seasoned Salt oor, dit maak ek in die drukkoker gaar. Dan meng ek die afgekoelde hoender (sonder been en vel) wat fyngesny is met Nola mayo en Ina Paarman se Green Onion Seasoning. Niks anders nie, maak dit die vorige dag reeds, dit raak beter as dit bietjie getrek het. Blinkbek lekker!! 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jaffels.html


KAASSKONS IN JOU "SNACKWICH
*HELENA SE  Eie Resep*
4 eetlepels Olie
1 Eier
¾ koppie Melk
1 koppie meel
2 Teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Geraseperde Kaas
1t sout
Metode*
Meng alles saam en dan maak jy dit in die “snackwich” gaar!
N.S.jy kan gerasperde ui in gooi..*.ham..*.Spek gebraai en ek het dit laat afkoel en gerooster op die kole saam met my braai heerlik..die manne was mal daaroor****** Helena Kruger** http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/snackwich-geregte.html

KOLWYNTJIES
3 eiers
175 g (200 ml) strooisuiker
175 g (312 ml) bruismeel
175 g botter, sag en by kamertemperatuur
5 ml vanieljegeursel
Verhit jou oond tot 180 ºC. Voer ’n kolwyntjiepan met papierbakkies. Plaas al die bestanddele in die mengbak van jou elektriese menger. Klits vir 3 - 4 minute. Skep die mengsel in die papierbakkies en bak vir sowat 15 minute tot gaar. Haal uit en laat afkoel voor jy versier. [12 kolwyntjies] 5/11/10♥

Versiersel
200 g (220 ml) botter, saggemaak
200 g (380 ml) versiersuiker, gesif
30 ml melk
pienk voedselkleursel
Dis die maklikste om versiersel in ’n elektriese menger te maak. Meng die sagte botter en versiersuiker goed saam. Voeg die melk by en meng goed. Kleur die versiersuiker met ’n klein bietjie voedselkleursel. Smeer versiersel bo-op die kolwyntjies en versier!!! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/cupcakes.html 

Kookwater kors:
500g botter,
250 ml kookwater,
500 g koekmeelblom
Knippie sout,

Metode:
Rasper botter in meng bak, gooi kookwater oor en roer tot botter gesmelt het.
Voeg koekmeel en sout by en roer goed deur mekaar. Mengsel is pap.
Plaas mengsel op botterpapier of in 'n toe houer en verkoel in yskas tot koud en gebruik soos benodig.
Hierdie een is 'n ware wenner.
Lekker resepte vir die Jongergeslag


KRUMMELPAP (In die Mikrogolf)
ek het n baie maklike manier om krummelpap in 9min te maak.
Ek maak dit gereeld.
2 koppies Mieliemeel
1 koppie water (jy kan dit nou meer of minder maak maar hou dit dubble/helfde verhouding)
Sit dit in 'n bak met n knippie sout en sit in mikrogolf op hoog vir 4min.
Haal uit en roer die pap, dit sal nou krummels maak.
Gooi botter in en roer. Sit terug in mikrogolf vir 5min en dis gaar!
Geplaas deur: Chanel Swanepoel

LEKKER MIELIEPAP
ek het die maklikste resep ooit;
4,3,2,1=
4kop water
3kop meel
2tl sout
1 pot

Spuit die kastrol met ‘spray & cook’.  (Dit keer dat die pap nie vasbrand aan die kastrol nie.)  Laat kook die water met sout in en gooi meel in roer terwyl die water op die plaat staan.  Laat gaar word oor lae hitte.  Hoe langer die pap kook, hoe lekkerder. KOSMATER http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mieliepap.html

Die PASTEIDEEG vir lui vroue soos ek
• 1k koekmeel
• 2 t bakpoeier
• 125 ml botter of margarien
• ¾ k melk
• 1 eier
• 2 ml sout
• Vryf botter in meel.
• Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
• Drup bo-oor die hoender en bak by 180°C.
Wanneer die luivroudeeg gebruik word, moet die vleis lekker souserig wees. Die vleissous bak “in die deeg in”. Dit deug ewe goed op maalvleis of wildvleis wat ontbeen is. Kotie Wagenar !!!!!!12/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wildspasteie.html

Chantelle Geldenhuys Van Kreatiewe Kos Idees –
 KAASKRULLE MACARONI

Kook pasta tot amper gaar (dreineer die water af)
Gooi dan ongeveer 1 liter melk oor pasta en bring tot kookpunt
Gooi nou 1 GROOT PAK KAASKRULLE in en roer deur tot al die kaaskrulle gesmelt is.
Sout en peper

OPSIONEEL, Gooi in 1 blikkie tuna (gevlok) of gevlokte hoender of ham blokkies
Ekstra kaas indien verkies

Laat staan vir 5 minute en dien op

Ek sou nou weer se: Kook pasta tot gaar en dreineer - bring melk tot kookpunt, gooi pak kaaskrulle in en kook tot gladde mengsel. Voeg die ekstra kaas en tuna by en roer deur. Gooi by gaar pasta. Laat deur prut !! Haal af van stoof, laat staan vir 5 minute en dien op.

Indien die melk nie dikkerig raak nie ???? - voeg miskien van die begin af so 1 na 2 eetlepels meel by of so 'n eetlepel wit uiesop


OUMA SE MACARONI EN KAAS
Was dit nou lekker vir n verandering**29/11/12
Helena
1 Pak Macaroni
2k Sterk Cheddar Kaas
1Pak Bacon Strips
2Eiers
1K Melk
S/Peper
Botter
2 Tamaties
Metode:
1.Kook Mac. volgens aanwysing[al dente] dreineer
2. Rasper kaas,sny tamaties in ringetjies,
Klits eiers saam met die melk,
Braai Bacon net gaar
3.Smeer Bakskottel met n bietjie botter
4. Pak lae :
Macaroni>Bacon>Tamaties>S/P>Kaas...Laaste laag moet Kaas wees bo-op...
5.Gooi eier en melkmengsel bo-oor stip met n paar klontjies botter en bak tot mooi Goudbruin en gestol...+25min. by 180*C>>>En daar het jy dit net soos Ouma dit gemaak het!!   http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/macaroni-en-kaas-mac-cheese.html

BAPSIE SE MALVAPOEDING       
2 Eiers
1 k Suiker
3 eetlp Appelkooskonfyt
Sout
2 tlps Koeksoda
2k Melk
2k Meel
2 tlps Bakpoeier

Klits eiers, suiker en konfyt saam. Maak koeksoda met melk aan en meng om die beurt met gesifte meel by eiermengsel. Skep in bak, MAAK TOE en bak vir 45min by 180º.
Sous:
1 ½ k Suiker
2 k Melk
Smelt saam en

2tlps Vanilla
1k Kookwater
240g Margarine
gooi oor warm poeding.

OF
1k Room
6 eetl Margarine
½ k Suiker
2tlp Vanilla
#Baps



MAKLIKE MELKKOS IN DIE MIKROGOLFOOND
1L melk
180ml koekmeel
2ml sout
15ml botter
kaneelsuiker
Mikrogolf die melk ongeveer 10 min oop in diep 2L bak by 100% krag tot kookpunt
Meng die koekmeel en sout
Frummel die botter daarin
Voeg die meelmengsel alles tegelyk by die kookmelk en roer dit met n draadklopper totdat klein klontjies gevorm het
Mikrogolf die melkkos ongeveer 4 min oop by 100% krag tot gaar en roer dit af en toe
Sit dit warm voor met kaneelsuiker
Dit is
regtig baie maklik en baie vinnig 30/3/13 nou nie dieselfde een nie maar hier is ons s'n op die blog:


BESTE MELKTERT OOIT: [ Lucia van der Westhuizen]
Hiervan kan ek getuig, maak net dit. Jy kan enige kors gebruik.
"En hoe weet ek dit?
Want ek het 18 resepte voor die een probeer.
Niemand het 'WOW' gesê nie.
Met die een is dit al wat almal sê.
Met hierdie resep, hou die tert sy vorm as jy dit bedien.
Koop sommer 2 klaar gemaakte melktert korse by spar, nie worth it om jou eie te maak nie, dit vat forever!"

Maak eers ’n kors van 1 pakkie Tennisbeskuitjies en 125g botter.

STAP 1
Gooi 1 liter melk in ‘n kastrol saam met
2 tl botter en 1 kaneelstokkie.
Verhit dit oor matige hitte todat dit begin kook.

STAP 2
Sit in jou liquidizer
80 ml koekmeel,
80 ml maizena,
1 ml sout,
125 ml melk,
200 ml suiker,
3 eiers en
5 ml vanielje geursel. Klits todat dit goed gemeng is.

STAP 3
Gooi die mengsel by die melk wat by nou kookpunt begin bereik.
Hou aan roer, anders brand dit vas.
Wag todat dit soos ‘n vulkaan begin prut anders is jou meel nie gaar nie, dis wat die tert laat stol.

STAP 4
Gooi dit in leë dop.
Sprinkel kaneel oor.


Erna
VINNIGE MELKTERT RESEP
Dit maak 2 ronde gewone silwer foelie bakkies vol of anders
die gewone glas vierkanttige tertbakke vol. Gebruik 'n kors
van jou keuse.
1 Blik kondensmelk
50 ml Maizena
50 ml Vlapoeier
1 Eier
1 L Melk
Essense (Vanilla)
Kaneel
Metode:
Gooi die blik kondensmelk in n pot en maak die lee blik vol
melk in gooi saam met die kondensmelk.
Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik
kondensmelk. Roer aanmekaar tot kook.
Vat die laaste melk en meng dit saam met die eier, vlapoeier
en Maizena.
Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi die laaste melk
mengsel met vla ens. by. Maak seker jy roer deeglik. Dit is
geneig om vinnig vas te brand. Roer vir so 8 min en gooi die
essense by.
Nou kan jy die mengsel in jou bak gooi en dadelik kaneel
oorgooi.
Los vir so rukkie buite totdat dit afgekoel het dan kan jy dit
in die yskas sit. (Maak asb. net seker dat die mengsel n bietjie
dukker geword het voordat jy dit oorgooi.)
Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die
kondensmelk en melk in die begin in die mikrogolf dan hoef
ek nie aanmekaar te roer nie en dit brand ook nie vas nie. Ek
maak net seker dat dit nie oorkook *Egte Afrikanse Resepte


MIELIEBROOD VAN RSG
1 kwart  koppie bruismeel
1 eetlepel suiker
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 eetlepel gemengde kruie
¾ koppie couscous (of meel)
Halwe koppie kaas
1 kwart koppie olie
2 eiers
1 blikkie geroomde mielies

Verhit oond 180 grade Celsius
Meng alles en gooi in ‘n brood pannetjie
Bak vir 40 minute
Bron: RSG

Petra Pretorius

Hierdie sjokelade koek stel my nooit ooit terleur nie. Ek bak hom al 30 jaar... hy is in die Wenresepte boek. Hy is maklik, en heerlik klam. Ek maak met hom wat ek wil, soms gooi ek baie rooi kleursel by, dan verander hy in 'n red velvet cake. Hy maak die lekkerste cupcakes. En hy is ook my lekker swartwoud koek, jy kan botterversiersel opsit, jy kan hom in 'n roomkoek verander, jy kan karamel opsmeer, jy kan gesmelte sjokelade bo oor gooi ... maar die basiese resep bly dieselle en is nooit 'n flop nie. En nou klink dit asof ek verlief is op die koek, haha ......

SJOKOLADE-OLIEKOEK
4 ekstra groot eiers – geskei
375ml suiker
450ml koekmeel
15ml bakpoeier
2 ml sout
125ml kakao
250ml kookwater
125ml olie
5ml vanieljegeursel

Meng kookwater & kakao. Laat afkoel. Voeg olie & geursel by. Los eenkant.
Klits eiergele, voeg suiker bietjie gewys by. Klits tot liggeel & sponsagtig dik.
Voeg nou kakaomengsel by & klits goed.
Sif meel, bakpoeier & sout saam. Voeg by & meng deeglik.
Klits eierwitte styf & vou in mengsel in.
Gooi in gesmeerde koekpanne. Bak by 180 °C vir 30-35min.
#Basiese sjokolade koek, flopvry, gberuik ook vir cupcakes, veelsydige

FLOPVRYE PANNEKOEK
Amke Fourie
Die enigste pannekoek resep wat jy nodig het. Flop nooit en is nooit rubber nie, selfs as dit koud is.
Pannekoek
4 k meel
4 eiers
5 k water
½ t sout
4 t bakpoeier
½ k olie

Meng alles baie goed saam en bak, die geheim is om die bakpoeier laaste by te gooi en goed te meng.

Helena Kruger
PANNEKOEK
3 x 250 ml koekmeel
3 groot eiers
175 ml koppie olie
25 ml asyn
3 ml sout
15 ml bakpoeier
4 x 250 ml water

Metode
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed.
Gooi meel by en klits.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir 1 min.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir 1 week.
Lewer omtrent 15 middelslag pannekoeke.
Ek verdubbel gewoonlik die resep.
Van een van ons Kosmaters!!


SUPER MAKLIKE PANNEKOEK
500gram selfraising flour,
2 eiers,
2 ½ koppies water en
5ml sout.
En dis maar al!!!!! Meng als goed saam.

Lewer omtrent 30 pannekoeke.
Ek maak dit al vanaf die ouderdom van om en by 10 jaar. Dit was my verantwoordelikheid om vir al ons kleinkinders pannekoeke te bak wanneer hul eerste tand in sig is.

PAMPOENKOEKIES IN STROOP
500ml gaar boerpampoen
250ml gesifte koekmeel
10ml bakpoeier
2ml sout
1 geklitste eier
Kookolie
SOUS:
15ml botter/margarien
375ml suiker
200ml melk
15ml mielieblom
175ml koue water

Metode:
Maak pampoen goed fyn.
Voeg, meel, bakpoeier, sout en eier by en meng goed.
Skep lepels vol in warm olie, druk effens plat en bak tot weerskante goudbruin en gaar.
Pasop dat die olie nie te warm is nie, dan brand die koekies voordat hulle gaar is.
Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel.
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel.
Verhit tot kookpunt en gooi oor koekies.
Dien warm op. Lewer sowat 3 dosyn koekies
Lekker resepte vir die Jongergeslag

PETRA SE  GEEN KNIE BROOD
MAKLIKE ROER WITBROOD
Jy kan sommer met jou huiswerk aan gaan met die brood ! Hier is die resep weer :)
Toe verander my hele lewe met die resep!
7 koppies meel (Dis presies 1Kg)(Koekmeel)
4 Koppies Water(lou water)
2 teelepels sout
1 Pakkie suurdeeg.(10g)
(1tlp Suiker)
Meng alles goed deur, gooi in panne, laat rys, bak vir omtrent 1 uur tot gaar by 180°C
Dis dit, niks knie, af knie nie, net meng goed deur, laat rys en bak.19/7/12

PETRA SE SAVORY SKONS

1 Koppie bruismeel,   
of gewone koppie koekmeel en 10ml bakpoeier.
Vat dan ‘n ander koppie (250ml) gooi
70ml olie daar in en
1 eier,
vul dan die res van die koppie met melk.
Klits en gooi by die meel en meng.


Gooi nou by wat jy wil, jy kan soos ek,
'n koppie gerasperde kaas ingooi, en/of
bacon bits,
pietersielie, of
lekker fyn biltong.
Sit jou sout en/of peper of
 bietjie paprika en ander geurmiddels by.
Ek het net sout by want my kind hou nie van te veel spice nie. Meng goed, skep lepelsvol in pannetjie en bak in oond 180gradeC, vir so 10 tot 15 minute of totdat so lekker goudbruin is.
WAARSKUWING! Maak maar dubbeld aan want 12 is nie genoeg vir my mense nie, lol
Lekker resepte vir die jongergeslag

PIESANGBROOD
Baie baie lekker
3 groot piesangs fyngedruk                      
½ k margarien          
1 ½  k suiker
2 k meelblom
1 ½  tlp bakpoeier                            
¼  tlp. Sout                                       
2 eiers                                                           
1 teel vanilla            
1 tlp koeksoda         
½  k melk      

Metode:
Meng fyn piesang, suiker en sagte margarien goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by piesang mengsel. Meng eiers baie goed en voeg by mengsel. Meng vanilla en koeksoda met melk en voeg laaste by. Meng goed.
Bak by 180 grade tot bruin en gaar ongeveer 'n uur.Toets met toothpick, indien skoon uitkom, is broodjie gereed.
Jy kan ook so ¾  k gekapte neute en/of klapper insit indien verkies



PIZZA DEEG
Helena Kruger
500 ml koekmeel
5 ml sout
1 x 10g kits suurdeeg
5 ml suiker
100 ml olie
240 ml lou warm water
1. Gooi alles in die voedselverwerker en knie goed.
2. Laat rys so in die bak tot dubbeld en pulse weer goed.
3. Rol baie dun uit. Sit tamatie en uiesous op en enige vulsel.
4. Bak 20 min in warm oond.*Die Grasdak Bultfontein *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/...


MARLENE SE PLAATKOEKIES
Marlene Minderon
2 kop meel
2 eiers
1/4 teel sout
½ k suiker
2 teel bakpoeier
2 teel gesmelte botter
1/2 kop melk

Meng droee bestanddele en dan die melk eiers en gesmelte botter. As jy sien deeg is te styf voeg nog bietjie water/melk by. Ek het die resep dubbel gemaak. Enjoy.



Lidia Theron sê:
“Ek dink nie ek het al vir julle vertel van my oorlede skoonma se heerlike sagopoeding nie.
Hierdie is dus 'n familieresep en ek deel dit graag met julle. Ek haal nooit, maar nooit dinge uit my resepte of verswyg dinge nie. Hierdie is dus die ware jakob.”
OUMA THERON SE SAGOPOEDING
500 ml melk
60 ml sago
2 eiers
5 ml vanilla
60 ml suiker
2 ml sout
appelkoos konfyt
• Week sago tenminste 2 uur lank in die melk (oornag is beter).
• Bring in die mikrogolfoond, op hoog tot kookpunt en roer elke 3-5 minute.
• Meng eiergele, geursel, sout en die helfte van die suiker.
• Roer dit geleidelik by die warm mengsel in en mikrogolf verder totdat dit net begin verdik. Moet dit nie té lank mikrogolf nie, anders sal dit skif. Dit moet nog slapperig wees.
• Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste bak.
• Skep teelepelsvol konfyt in die mengsel.
• Klop eierwitte totdat dit sagte punte vorm en klop die res van die suiker geleidelik by.
• Smeer meringue oor en bak @ 180ºC totdat die meringue liggies verbruin het.


SAGTE SKONS
Ontbyt Idee
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
sout
2 eier
1 koppie melk
½ koppie olie
Metode:
Meng die droë bestanddele. Klits die eier, melk en kookolie saam en meng met droë bestanddele. Bak in kolwyntjie pannetjies vir ongeveer 8 na 10 min by 180*.
VIR KAASSKONS: Gooi handvol kaas in beslag, gooi gerasperde kaas bo-oor, bietjie pietersielie en paprika.

Geplaas deur: Ria N Pieterse

MAKLIKSTE SOUTTERT OOIT.
Halwe koppie bruismeel
3 eetlepels gesmelte margarien
1 en 'n Halwe koppie gerasperde kaas
2 koppies gesnipperde vleis - Selfs braaivleis werk goed
1 en 'n Halwe koppie melk
Knippie gemengde kruie

Meng Alles saam. Bak vir 40 min op 180 tot bruin.
Bedien saam met slaai
Geplaas deur: Sanet Van Rensburg Greyling
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/sout-terte.html

No comments:

Post a Comment