Wednesday 8 October 2014

BOUILLABAISSE


.



Ons Aandete** en dan wag die nagereg ook nog sjoe**
MOSSEL EN GARNAAL BOUILLABAISSE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/bouillabaisse.html
*Fish Stew*
*My Verwerking Helena Kruger*
1 kg Swart Mossels in die skulp
10 Garnale[prawns] skoongemaak
1 ui fyngekap
3 knoffelhuisies fyngekap
1 stingeltjie seldery gekap
1 k witwyn[miskien so n bietjie meer*]
1-2 k Visaftreksel
1-2 takkies Tiemie
30g Tamatie Paste

Gekapte vars pietersielie
1 blikkie Italian Style Diced Tomatoes*[All Gold]
Sout en swartpeper
2t suiker
Olie en 1 t botter
Verhit olie en botter en braai jou ui,seldery en knoffel vir so 6min tot glanserig
Voeg jou tamatie paste by en roerbraai
Gooi jou wyn by en laat dit wegkook
Voeg jou tamaties, tiemie en visaftreksel by en prut tot dit met die helfte verminder het so 10-12min stadig
Geur met sout en peper na smaak]nie te veel sout nie]
Voeg nou jou Mossels en Garnale by en roer dit goed deur die sous
Kook vinnig vir so 5-6min tot al die mossels oop is en jou garnale mooi pienk is
Skep uit in n groot opskep bak en strooi jou gekapte pietersielie oor
WENK

Eet lekker saam met Vars gebakte bruin brood of Ouma se brood.
N.S>Verwyder enige Mossel wat nie oop gegaan het nie.27/09/2014*

Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment