Wednesday 8 October 2014

PINEAPPLES / PYNAPPELS

                                          Linkerkant en Regterkant Relish op foto
PINEAPPLE AND CHILLI RELISH
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/pineapple-and-chilli-relish.html
*My eie Verwerking*Helena Kruger*
Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir 30min. en dreineer goed
Voeg die volgende besstanddele by:
4 kp suiker
2+1/2 k wit asyn[twee en n halwe koppie]

1t borrie
1 eetl sout
1t Kerrie
1t Marsala paste [of 2t sterk kerrie net soos jy wil]
1t vars gemmer gerasper
1 ml rooi peper
4 groot Pynappels mooi in klein blokkies gesny
3 Jalepenos fyn gekap
3 Rooi of groen chillies fyngekap[hier kan jy minder chillies gebruik soos jy wil]
2 knoffel huisies fyngekap
1t Cummin
1/4k Sweet-Chillie sous
Meng:
100ml water
2 e Mielieblom [Maizena]


Metode:
Kook eers stadig en roer kort kort vir 45-50min
Maak n paste aan met die mielieblom en water[100ml] en roer deur tot mooi dikkerig en bottel dadelik in warm bottels en verseel styf
Draai jou bottels op hulle koppe vir 30min en draai om en laat afkoel..Helena Kruger 6/10/2014

    Lummie de Vries
       01/11/2014
Pynappel Relish resep van Helena in Lekker Resepte vir die Jonger geslag. Vanmore geproe o my word HEERLIK!

PINEAPPLE CHUTNEY
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/pineapple-and-chilli-relish.html                            
Ingemaakte pynappels en Pineapple Chutney van Hilda Dates Steyn.
Rhodes Recipes

1 can Rhodes pineapple pieces in syrup
1 onion - chopped
½ cup sugar
1 cup white wine vinegar
5 ml curry powder
5 ml turmeric
5 ml salt
10 ml corn flour
Drain the pineapple pieces and reserve the syrup.
Place the onion and pineapple pieces into a saucepan and allow to simmer until the onion is tender.
Add the sugar, vinegar and reserved pineapple syrup and bring to the boil.
Mix the remaining ingredients with enough water to make a paste and add to the boiling mixture until it thickens.
Season to taste and allow to simmer over a low heat for a further 15 minutes.
Spoon into sterilized jars and seal. 



Hilda Dates Steyn 

CANNED PINEAPPLES
Elna yes, peeled pinapple, cut out the middel hard core, 
Cooked syrup 
2c water, 1c sugar. 
Put pineapples just like that into sterilised bottles and poured hot syrup over


KERRIE PYNAPPEL INGEMAAK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/pineapple-and-chilli-relish.html
Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur.            
Dreineer
Voeg nou die volgende bestanddele by:
4 kop suiker,
3 kop wit asyn,
2t borrie,
1 eetl sout,
2t Kerrie,
2t gemmer,
1 ml rooi peper,
3 groot suur pynappels (ek gebruik enige),
1 1/2 opgehoopte eetl maizina
Kook vir 15/20 min tot dik en bottel warm.

  
INGEMAAKTE PYNAPPELS 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/pineapple-and-chilli-relish.html 
Skil die pynappels,sny alle ogies uit en sien toe dat daar geen kneusplekke aan is nie. Sny die stronk met ‘n appelboor uit. Sny die vrugte oordwars in skywe of oorlangs in lang repe op. Die skywe kan weer in wiggies of blokkies opgesny word.
STROOP
Maak die pynappels in volgens die oopkastrol- of waterbad metode. Vir albei metodes is dit nodig om vooraf ‘n matige stroop van 200g wit suiker vir elke 500ml water te kook.

Pynappelringe kan aantreklik in flesse gepak word. Plaas die ringe met ‘n gesnyde kant teen die wand van die fles en hou dit in posisie met pynappelwiggies of -blokkies. Plaas ‘n rooi of groen glanskersie in die opening waar die stronk was.


Oopkastrolmetode:
Kook die pynappelringe of -stukke 20 tot 30 minute lank matig vinnig in die stroop. Pak dit in inmaakflesse en vul die flesse tot oorlopens toe met die kokende warm stroop. Verwyder die lugblasies, indien enige, en verseel die flesse dadelik.
Waterbadmetode:
Kook die vrugte 5 minute lank in kookwater en dompel dit daarna in koue water. Dreineer die vrugte en pak dit in inmaakflesse. Vul die flesse met die kokende stroop, verseel dit en draai die skroefringe styf vas, maar draai dit dan ‘n halwe draai los.
Plaas die flesse op ‘n rakkie of vals boom in ‘n waterbad en vul die kastrol met sterk warm water totdat die flesse bedek is. Verhit die water en steriliseer die pynappels 25 minute lank by 100*C.
Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas. #Inlepynappels; #gebotteldepynappels

GLANSPYNAPPELRINGE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/pineapple-and-chilli-relish.html
Skil ‘n pynappel, sny dit in 1cm dik skywe op en sny die stronkgedeelte van elke skyf uit. Posjeer die pynappelringe in ‘n bietjie water tot net sag en plaas dit op ‘n draadrak om te dreineer.
Meet 300ml van die posjeervloeistof af en voeg 175g wit suiker daarby. Verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Plaas die pynappelringe langs mekaar in n vlak bak en bedek dit met die stroop. Bedek die bak met waspapier en laat die ringe 24 uur lank by kamertemperatuur in die stroop masereer (staan).
Dreineer die pynappelringe op ‘n draadrak in ‘n vlak pan of skinkbord en giet die stroop wat daarin opgevang is terug by die in die kastrol. Voeg 50g wit suiker by die stroop, verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Plaas die pynappelringe terug in die vlak bak, giet die stroop oor, bedek dit en laat dit weer 24 uur masereer. herhaal hierdie proses 5 keer en voeg elke keer 50g wit suiker by die stroop.
Herhaal die proses weereens, maar voeg 75g witsuiker by en laat die ringe 48 uur masereer. herhaal die proses nog ‘n keer, voeg weer 75g wit suiker daarby, maar laat die ringe 4 dae masereer. Die stroop moet nou die dikte van heuning hê en die ringe kan tot 3 weke daarin gelaat word. Bedek dit steeds met waspapier.
Om die glasering te voltooi, droog die ringe ‘n paar uur lank in ‘n koel oond uit en draai die ringe gedurende die proses 1 keer om.
Verpak die glanspynappelringe in lae in ‘n karton- of houthouer met waspapier tussen in.
Resep: Lekker vir later (Anette Human) 


PYNAPPELBLATJANG 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/pineapple-and-chilli-relish.html
2.5kg ryp pynappels
2 groot uie
300g melassesuiker
125ml bruin asyn
15ml goue stroop
7ml kerriepoeier
5ml mostertpoeier
5ml sout
2ml borrie
METODE:
Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op. Voeg die res van die bestandele by, verhit tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. Bottel die blatjang warm en verseel dit dadelik. *Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

PYNAPPELRINGE OF STUKKE INGEMAAK 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/pineapple-and-chilli-relish.html
Skil die pynappel, sny alle ogies en merke uit. Sny die stronk met ‘n pitboorder uit. Sny die vrugte in ringe of stukke.
Kook stroop vooraf oor matige hitte: 


200g wit suiker vir elke 500ml water.
Kook die pynappelringe/stukke 20-30 min lank in matig vinnig in die stroop. Pak dit in die flesse en maak die flesse tot oorlopens toe vol met die stroop. Verwyder die lugblasies indien nodig. Verseel die flesse dadelik.*Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment