Wednesday 8 October 2014

MIKROGOLF PYNAPPEL KONFYT


                                                        aan die regterkant is die konfyt 
MIKROGOLF PYNAPPEL KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/mikrogolf-pynappel-konfyt.html
Ek het
1kg Pynappel in blokkies gesny
1blikkie Vrugte kelkie
1kg suiker
1Suurlemoen se sap uitgedruk
1/4 t vars gemmer
Plaas in n diep bak net jou pynappel, Vrugte kelkie en vars gemmer
Mikrogolf vir 15min roer goed deur
Voeg jou suiker en suurlemoensap by en roer dit goed deur tot jou suiker amper gesmelt is
Plaas terug in mikrogolf en mikro dit weer vir 15min
Toets nou jou stropie of dit reg en dikkerrig is[>

[gooi bietjie in piering en plaas n rukkie in yskas dit werk vinnig] as dit nog te dun is kook nog n bietjie want die pynappels het baie vog in
Laat bietjie afkoel en skep in jou bottels en verseel.Helena Kruger 6/10/2014

No comments:

Post a Comment