Friday, 10 October 2014

GHERKIN RELISH


GHERKIN RELISH
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/gherkin-relish.html
*eie verwerking*
1.7kg Gherkins blokkies gekerf [1 x A10 inmaak blik is genoeg]
450g uie blokkies gekerf
3 k Asyn
3 k Suiker
2 k Water
2 t Mosterdpoeier
1/2 t Knoffel poeier of 1/4 t vars knoffel fyn gekap
1 t Sout
1 t Kerriepoeier [Jy kan dit sterker maak as jy wil]
6 t Mielieblom [Maziena]
Metode:
Kook uie in bietjie water tot amper sag
Dreineer en spoel goed af
Meng jou sous en kook vir 5min.[sonder Mielieblom]
Voeg jou uie en Gherkins by en kook vir 10min.
Maak jou Mielieblom aan met bietjie water en roer in en kook tot die regte dikte
Vul jou warm bottels met jou warm mengsel en haal al die lugborreltjies uit met n sosatie stokkie en verseel goed**8x350ml botteltjies volgemaak* Baie lekker by Braaivleis asook heerlik koud op n Toeby of op n Hotdog, Hamburger>Helena Kruger10/10/2014




No comments:

Post a Comment