Friday, 10 October 2014

SJOKOLADEKOEK - HEMELSE KARAMEL AMARULA


HEMELSE KARAMEL AMARULA SJOKOLADEKOEK
Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/sjokoladekoek-hemelse-karamel-amarula.html
Jy het nodig:
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

STROOP:
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius.

Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng
deeglik.

Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen
skoon uitkom.

Stroop:
Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en
voeg Amarula by. Roer goed. .
Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop
oor.

Versier:
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk
en styf geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit
belemmer die smaak).

WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.

No comments:

Post a Comment