HUMMINGBIRDKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/humminbird-koek.html
Bestanddele
Bestanddele
Koek:
3 groot eiers
2 k suiker
¾ k sonneblom- of
canolaolie
1 ½ t
vanielje-ekstrak
3 k koekmeel
1 t koeksoda
½ t sout
1 ½ t kaneel (ek
voeg ook mespuntjie fyn naeltjies en raspertjie neutmuskaat by)
1 blik ingemaakte
fyn pynappel, sap ingesluit
6 ryp piesangs,
fyngemaak *kyk wenk
1 k grofgekapte
pekanneute
Roomkaas-versiersel
110 g sagte
botter
2 houers
roomkaas, kamertemperatuur
1 t
vanielje-ekstrak
4-5 koppies
versiersuiker (strooisuiker kan werk net as dit baie fyn poeier is – ek
maak dit in versapper fyn)
Metode:
Voorverhit oond
tot 180°C. Smeer drie 23 cm-koekpanne en voer die bodems met bakpapier uit.
Klits die eiers en suiker tot lig en romerig.
Voeg die olie in ‘n straaltjie by terwyl jy aanhou klits. Klits die vanielje by tot die beslag glad en romerig is. In ‘n aparte bakkie sif die meel, koeksoda, sout en kaneel saam.
Klop die droë bestanddele, ‘n derde op ‘n slag, by die geroomde mengsel, elke keer net genoeg om dit goed te meng. Voeg fyn pynappel en sap, piesang en neute by en roer by. Verdeel die beslag tussen die drie panne.
Bak 20-25 minute in voorverhitte oond tot gaar (‘n toetspen sal skoon uitkom en die koek trek weg van die pan af). Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel in die panne.

WENK
*As jou piesangs nie lekker goed ryp is nie, kan jy dit sowat 10 minute in ‘n warm oond (180C) met skil en al bak tot die skilletjies swart is en die binnekant papperig. Dit verbeter die smaak en maak dit maklik om die piesang fyn te maak.

Versiersel:
Room botter en
roomkaas tot baie glad en romerig, voeg vanielje by en meng goed in. Voeg
suiker koppie vir koppie by en klits baie goed na elke byvoeging. As die
mengsel te slap is om die koek te versier, sit dit ‘n rukkie in die yskas.
Om te versier: Plaas
die eerste laag op die koekbord met die bakpapierkant na bo. Verwyder die
papier en smeer met 1 koppie versiersel; herhaal met die volgende lae. Rond af
met gedroogte pynappelblomme (of gekapte pekanneute as jy nie by die blommemaak
uitgekom het nie).
So maak jy die pynappel-madeliefies: Skil 1 groot
pynappel of 2 kleintjies en verwyder die ogies met ‘n spanspek-‘baller’ of
skerp messie. Sny in baie dun snytjies. Voer 2 bakplate met bakpapier uit,
plaas die skyfies pynappel daarop en droog dit in ‘n oond
teen 110°C uit. Draai versigtig om na sowat 40 minute in die oond. Oppas
dat dit nie te bruin raak nie, maar ‘n paar puntjies hier en daar is nie ‘n
problem nie. Om die blommetjies ‘n mooi vorm te gee, plaas dit in
klein muffinpannetjies as dit uit die oond kom. As die pynappelblomme te klein
is, gebruik eierkelkies of iets soortgelyk om dit in neer te sit.
Nog wenke: kies
pynappels wat ferm is en nie te ryp nie. Vir verskillende grootte
blommetjies gebruik 1 groot pynappel en 1 kleiner pynappel.
No comments:
Post a Comment