Sunday, 26 October 2014

NOUGAT KOEK

Maré Nieuwoudt
NOUGATKOEK
Lewer 1 vierlaagkoek
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: oornag
VULSEL
250 g botter
60 ml (¼ k) strooisuiker
1 blik (385 g) kondensmelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 ml (¼ t) amandelgeursel
5 ml (1 t) suurlemoensap
5 ml (1 t) kremetart
15 ml (1 e) gelatien,
gespons in 50 ml water
375 ml (1½ k) kombinasie van glanskersies, ingelegde gemmerstukke en gekapte neute
KOEK
2 gekoopte sponskoeke, elkeen in die helfte gesny
versiersuiker vir afronding
Spuit en voer ’n koekpan van dieselfde grootte as die sponskoeke met bakpapier uit
1.Vulsel 
Verroom die botter en suiker. Klits die kondensmelk, vanielje- en amandelgeursel, suurlemoensap en kremetart by.
2.Smelt die gelatien en giet stadig by die mengsel terwyl geklits word.
3.Vou die vrugte en neute by die mengsel in.
4.Koek 
Plaas ’n koeklaag onder in die pan en smeer ’n laag van die vulsel oor plaas nog ’n koeklaag bo-op. Herhaal tot al die vulsel opgebruik is eindig met ’n sponskoeklaag.
5.Druk goed vas in die pan en plaas oornag in die yskas.
6.Ontvorm en stuif met versiersuiker.
HUISGENOOT
PERFECT SPONGE CAKE
125g margarine
250ml sugar
3 eggs
500ml flour
12.5ml baking powder
2ml salt
5ml vanilla 
125ml milk 
METHOD
Preheat oven to 180gC.
Cream marg in large bowl with wooden spoon.
Add sugar slowly.
Beat until smooth & light.
Now beat in eggs, one at a time, beating after every addition.
Mix well.
Sift flour,b/powder & salt three times into bowl (this aerates dry ingr)
Stir vanilla into milk.
Add this mixt to marg mixt alternating with flour mixt.
Start & end with dry ingr.
Pour batter into 2 greased cake tins & bake for 25-30mins.
Remove from oven when risen &a nice golden brown.
Top with icing of your choice.
* Moira Botha Dyer 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/nougat-koek.html