Thursday, 20 November 2014

HOENDERPOTJIE


Daar is nie 'n vinniger en makliker dis as hierdie dis in die oond nie.
HOENDERPOTJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/hoenderpotjie.html

In oondbak strooi 2 kop rou rys
strooi nou 2 kop gemengde gevriesde groente bo-oor
pak hoenderstukke bo-op.
maak 1 pakkie biefsop met 3 koppies kookwater aan (whisk) en gooi bo-oor
strooi hoenderspeserye oor
maak toe met foelie
bak by 180 c vir uur en half. (maak dit die laaste 10 min oop om bruin te word.

Dit neem 10 minute om aanmekaar te sit met amper geen skottelgoed nie.
HEERLIK!**Marinda van Rooyen*20/11/2014