Saturday 8 November 2014

ROLY POLY POEDING


ROLY POLY POEDING
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/roly-poly-poeding.html
2k meelblom
1 eier
1/4t sout
2t bakpoeier
2e botter
Metode;
Sif meel,sout en bakpoeier saam. Vryf botter in met punte van jou vingers.Meng met jou mes tot n stywe deeg met die geklopte eier ,en n bietjie water as te styf is.Rol jou deeg reghoekig uit. Smeer n lekker lagie appelkooskonfyt oor die deeg en rol dit mooi op.Sny wielietjies en pak dit met die gesnyde kante no bo in n bak. Gooi jou stroop oor en bak in n matige oond tot mooi bruin..so +-45min..180*C..Kyk maar net..
Stroop:
2k water..
1+1/2k suiker
Bring tot kookpunt en gooi oor tert voor jy dit in die oond plaas!!!..Het ons nie almal met dit groot geword nie!!!Helena .


Weer vir n slag lekker Roly-Poly Poeding gemaak..Helena Kruger*24/05/2017**die keer net n Rolpoeding**
 




 



 


 


****************************************************************




  Chantel Taljaard se eerste lekker Roly Poly**Pragtig>>19/11/2014
 
 


No comments:

Post a Comment