Thursday 29 January 2015

HAWERMOUTMUFFINS


HAWERMOUTMUFFINS

Gryp ’n muffin op pad werk of skool toe. Hou die oorskietbasis vir later of gebruik dit as muesli.

LEWER 12
Bereiding: 15 min.
Bak: 20 min.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/hawermoutmuffins.html
Basis
250 ml (1 k) hawermout
15 ml (1 e) elk sesam-, papawer- en vlassaad
5 ml (1 e) strooisuiker of versoeter
30 ml (2 e) gemengde droëvrugte, gekap
5 ml (1 t) poeiermelk


Muffins
160 ml (⅔ k) jogurt
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
100 g botter, versag
80 ml (⅓ k) strooisuiker of versoeter
1 ryp piesang
310 (1¼ k) meel
15 ml (1 e) bakpoeier

Voorverhit die oond tot 180 oC en voer ’n muffinpan met papierdoppies uit.
BASIS Rooster die hawermout en saad in ’n droë braaipan 2 min. of tot goudkleurig. Roer by die oorblywende bestanddele in. Meet 125 ml (½ k) vir die muffins af en bêre die res in ’n lugdigte houer.
MUFFINS Klits die jogurt saam met die eiers en vanieljegeursel en voeg dan die basismengsel by. Laat week ’n paar minute.
Klits die botter en suiker saam tot donsig. Kap die ryp piesang in stukkies en voeg by die bottermengsel. Roer by die jogurtmengsel in.
Sif die meel en bakpoeier by die botter-en-jogurt-mengsel in. Roer, maar nie te veel nie. Vul die muffindoppies met die deeg. Bak 20 min.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander

No comments:

Post a Comment