Monday 16 February 2015

BLOMKOOL GEROOSTER MET PAPRIKA


Geroosterde blomkool met paprika
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/blomkool-gerooster-met-paprika.html
Porsies: 4
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie, enige gegeurde avokado-olie van jou keuse sal lekker wees
1 knoffelhuisie, gekneus
2,5-5 ml (½-1 t) paprika, cajun-speserymengsel of gerookte paprika
1 rooi brandrissie, ontpit en in dun repies gesny (opsioneel) of 2-3 Peppadews, in repies gesny
30 ml (2 e) witwyn of water
400 g blomkool, in blommetjies gesny
sout, peper en suurlemoensap na smaak
45 ml (3 e) grofgeskeurde vars Italiaanse pietersielie

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die olie, knoffel, speserye, brandrissie (indien gebruik) of Peppadews en vloeistof in ’n mengbak saam. Roer die blomkool deur tot goed bedek en geur na smaak.
2. Skep die groente en olie-megnsel in ’n vlak oondbak. Rooster vir 20-25 minute of tot liggies goudbruin en net gaar, maar nie pap nie.
3. Roer die pietersielie deur en sit warm of teen kamertemperatuur as bygeregvoor.
Wenke
1. Enige ander speserye kan gebruik word, bv ’n matige kerrie of dukkah.
2. Murgpampoentjies of broccoli kan op dieselfde manier gerooster word.
Bron: Oggend op RSG

No comments:

Post a Comment