Monday 16 February 2015

VALENTYNSDAG IDEES / VALENTINES IDEAS


Aarbeiharte
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/valentynsdag-idee.html
1 rolskilferkorsdeeg
6 eetlepels (90 ml) haselneut- en sjokoladesmeer (Nutella)
2eetlepels (30 ml) aarbeikonfyt
6 aarbeie, in klein blokkies gesny
1 eier, geklits
versiersuiker, vir bediening

Voorverhitoond tot 180°C.
Bestrooi ‘n skoon oppervlak met meel, en rol die skilferkors effens uit.
Sny die deeg in 12 reghoeke (± 10 cm x 7 cm).
Gebruik ‘n hartvormige koekiedrukker, en druk ‘n hartjie uit die middel van 6 van die deegreghoeke.
Hou eenkant.
Verdeel die sjokoladesmeer tussen die oorblywende 6 reghoeke en volg met die konfyt.
Plaas die reghoek waaruit die hartjie gedruk is, bo-op die reghoek met die sjokoladesmeer en konfyt.
Seël die kante van die reghoek goed deur met ‘n vurk plat te druk.
Skep die gesnyde aarbeie binne-in die hartjie.
Verf dit met die eier, en bak vir 10 - 15 minute tot goudbruin en gaar.
Sif ‘n lagie versiersuiker bo-oor en bedien met ‘n glas vonkelwyn.

Bron: RSG 





ONTBYT SOSATIES                                             http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/valentynsdag-idee.html
Hier is jou Valentyn's ontbyt
Porsies: 12
1 pakkie varkworsies
1 pakkie dik spek
12 kersietamaties, in die helfte gesny
12 sampioene, in die helfte gesny
25 ml olie
handvol tiemietakkies
sout en gemaalde swartpeper
12 sosatiestokkies
Druk die varkvleis uit die wors se omhulsel en rol in klein balletjies.
Sny die spek in ±2cm stukke.
Ryg die sosatiestokkie met die bestanddele; varkworsie, kersietamatie, sampioen, spek, kersietamatie, sampioen, varkworsie.
Sprinkel met die olie en tiemie en geur goed met sout en swartpeper.
Braai oor die kole of in die oond tot gaar. 
Bron: Brêkfis met Derrich

Sjokoladetruffels
Bestanddele:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/valentynsdag-idee.html
500g goeie donker sjokolade
200ml room
likeur van keuse
kakao
klapper
neute
Metode:
• Sny die sjokolade in klein blokkies.
• Maak die room warm en voeg dan 300g sjokolade by. Roer totdat die sjokolade gesmelt is.
• Voeg likuer of geursel by na smaak.
• Plaas in 'n houer en verkoel totdat dit gestol het. Ten minste 8 ure of vinniger in die vrieskas
• Gebruik 'n parissienelepel en maak klein balletjies en pak op 'n verkoelde pan. Plaas terug in die
yskas.
• Smelt die oorblywende sjokolade in n au bain marie.
• Vorm die balletjies met die hand en doop in die sjokolade.
• Ander balletjies kan gerol word in die kakoa, klapper of neute.
Vrugte gedoop in sjokolade
Vrugte soos aarbeie en litchi gaan baie goed saam met sjokolade. Dit moet net koud wees wanneer gedoop word.

Botterkaramel-en-malvalekkerpoeding
Genoeg vir: 4
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/valentynsdag-idee.html
30g (30ml) botter                                   
60g (75ml) suiker
500ml melk
45ml mielieblom
malvalekkers, vir voorsit

1 Smelt die botter in ’n kastrol, voeg die suiker by en roer tot goudkleurig. Voeg die melk by en laat kook.

2 Meng die meel met twee eetlepels water en roer dit by die warm melkmengsel in. Roer oor matige hitte vir ’n paar minute tot dit verdik. Gooi in klein bakkies of ramekins en laat effens afkoel. Skep die malvalekkers bo-op.

WENK Sit die poedings ’n paar sekondes onder ’n warm oondrooster sodat die malvalekkers verbruin en strooi dan ’n bietjie versiersuiker oor.

VALENTYNSDAG FOTOS










No comments:

Post a Comment