Tuesday 17 February 2015

BULLY BEEF POFFERTJIES

BULLY BEEF POFFERTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/bully-beef-poffertjies.html
1 blikkie bully beef
2 kop meel
1/2 kop water of melk
2 eiers
2 teel bakpoeier
Knippie sout
Klein ui fyn ingerasper
Peper/geurmiddels na smaak
Druk Bully Beef goed fyn. Gooi in bak.
Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng goed deur.
Gooi eiers een vir een by en meng goed.
Gooi water/melk by en meng goed.
Bak lepelsvol in olie tot gaar en goud bruin. #Budget #boeliebeef

KOMMENTAAR DEUR Martin Smit 
Het hom al probeer maar 2 k meel het te veel van die smaak weggevat en was te veel meel,moes 2 blikkies Bully Beek gebruik,of terugval na 1 koppie meel,roer bietjie kaas en mostert by,dis heerlik,maar dis nou na my smaak,almal se smaak verskil ne,dankie vir die resep

No comments:

Post a Comment