MARIUS SE PANFORTE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/marius-se-panforte.html
100g Pistachio neute
100g Amandels
100g Haselneute
150 ml Heuning
1 e Botter
75 g Strooisuiker
1 koppie Rosyne of Sultanas
1/2 koppie Gedroogte Vye of Glanskersies
2 t Witpeper
2 t fyn Kaneel
1/2 t Neutmuskaat
1 t Gedroogte Rissies
1/2 t fyn Naeltjies
3 Kardemomsade, fyngemaal
100g Donker Sjokolade
50ml Sjerrie
75g Koekmeel
200g Sitrusskil
Ryspapier - opsioneel
Versiersuiker
Rooster die neute in die oond, so 8 minute op hoë hitte, maar maak seker niks brand nie.
Vryf neute skoon en kap kleiner as jy dit verkies.
Verminder oond na 150 grade. In 'n pot verhit heuning, botter en suiker.
Gooi rosyne en vye of glanskersies by.
Kook net liggies.
Gooi die speserye en sjokolade by en roer tot gesmelt.
Gooi sjerrie by, selfs bietjie meer as jy wil.
Laat alles so 8 minute prut op lae hitte.
Meng koekmeel met sitrus skil.
Meng neute by.
Gooi nou warm mengsel by en roer deur.
Die mengsel moet redelik dik wees.
Gooi in gesmeerde pan met los bodem anders in 'n gesmeerde bakplaat.
Jy kan rys papier gebruik, andersins net so.
Bak in oond vir so 40 minute.
Laat afkoel en strooi goed met versiersuiker.
Maak rante los en keer uit.
Strooi versiersuiker.
As die koek breek, geen probleem, druk net weer bymekaar aangesien dit 'n klam en taai koek is. Dit vries goed.
Sny dun skywe saam met koffie. Geniet!**(Marius Koen)**
No comments:
Post a Comment