Tuesday 24 February 2015

PANNEKOEK MET N MELKTERTVULSEL


Elizma Ferreira

PANNEKOEK MET 'N MELKTERT VULSEL:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/pannekoek-met-n-melktertvulsel.html

Basiese pannekoekresep se bestanddele:

310 ml koekmeel
3 ml bakpoeier
2 ml sout
60 ml suiker
2 eiers
300 ml melk
Kookolie
Kaneelsuiker

Metode:
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg suiker by.
Voeg die melk bietjie-vir-bietjie by die droë beslag, terwyl dit gemeng word.
Voeg die eiers by.
Meng goed en maak seker dat daar geen klonte is nie.
Laat staan vir 30 minute.

Bestanddele vir die melktertvulsel:

1 blikkie kondensmelk
3 koppies melk
¼ koppie mielieblom
2 eiers
Knypie sout
1 teelepel vanilla geursel
2 eetlepels botter
Kaneelsuiker

Metode:

Bak gewone pannekoeke.
Voeg die kondensmelk en twee van die drie koppie smelk in ‘n kastrol
Meng die res van die melk met mielieblom en voeg by die melk in kastrol sodra melk begin warm word. 

Wanneer die beslag begin dik raak voeg die eiers by.
Hou aan roer.
Voeg sout, vanilla en botter by.
Roer goed en laat bietjie staan om verder te verdik.
Skep lepelsvol van die melktertvulsel in die pannekoek en rol op.
Strooi kaneelsuiker oor.

Bron: Maroelamedia

No comments:

Post a Comment