Wednesday 22 April 2015

KERRIE HOENDERSOP


Maggie de Castro
KERRIE-HOENDERSOP:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/04/kerrie-hoendersop.html

Bestanddele:
50 g botter of margarien
1 middelslag ui, geskil en grofgekap
2 knoffelhuisies, gekneus
5 ml (1 t.) kerriepoeier
2 hoenderborsies (±300 g), in klein stukkies gesny
125 ml (½ k.) hoender­aftreksel
410 g-blik roomstyl-mielies
125 ml (½ k.) klappermelk
15 ml (1 e.) gekapte vars tiemie of 5 ml (1 t.) droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Hoe maak ek dit?
1. Verhit botter in ’n groot swaarboompan. Voeg uie en knoffel by en soteer tot sag. Voeg kerriepoeier by en braai liggies vir so twee minute.
2. Voeg hoenderstukke by en braai vir ’n paar minute tot gaar.
3. Voeg al die oorblywende bestanddele by en kook vir so tien minute tot deurwarm.

Hoe dien ek dit op?
Sprinkel ’n bietjie geras­perde kaas oor die sop.

Variasie:
Dit is nie nodig om klappermelk te gebruik nie. Jy kan dit met melk of room vervang.
(Helen Peters – dieburger)

No comments:

Post a Comment