Monday 11 May 2015

ROOMKOEKIES



Jackie Denner
Maggie de Castro
ROOMKOEKIES:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/roomkoekies.html

Jackie Denner het hierdie resep 'n rukkie terug geplaas en gister het ek dit gebak. Ek het helfte net so gebak en ander helfte klapper. Heerlike koekies!

Bestanddele:
4 kop koekmeel
250gr to bake botter (kamer temperatuur)
1 kop suiker (kan 1 en 1/2 gebruik as soeter koekie wil he)
2 teelepels bakpoeier
1/2 tl sout
1 tl karamel essence of vanilla essence
Ongeveer 1 na 1 en 1/2 koppie room

Opsioneel en na smaak: (KAN HEELTEMAL UITGELOS WORD INDIEN VERKIES)
1 kop klapper of 1 kop rice krispies of 1 kop gedroogte vrugte
(ek het die klapper opsie gemaak)

Metode:
Vryf botter met vingerpunte in die meel in
Meng die suiker, bakpoeier en klapper/ rice krispies/ vrugte in
Gooi die 1tl essence in 1 kop room
Meng nou die room in (met jou hande) tot jy 'n lekker stywe deeg het. Hou aan om room in te gooi - dit kan dalk 1 kop wees of 1 en half - dit hang af hoeveel suiker en klapper ens jy bygevoeg het
Rol in balletjies
Druk plat met 'n vurk en bak by 180C vir ongeveer 12 na 15 minute of tot goudbruin
Dit maak ongeveer 100 kleinkoekies en dit is HEERLIK !!
(Kreatiewe Kos Idees)

No comments:

Post a Comment