Friday 15 May 2015

SJOKOLADE VULKANE


Sjokolade-vulkane
Hierdie poedings is lig en sponserig aan die buitekant, maar wanneer jy ’n lepel vol skep, loop sjokolade uit soos lava. Sit dit warm uit die oond voor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/sjokolade-vulkane.html
165 g botter
165 g donker sjokolade
3 eiers
3 eiergele
160 ml (⅔ k) strooisuiker
2 ml (½ t) groenappel-ekstrak
30 ml (2 e) meel
Smeer vier individuele poedingvorms.
Plaas die botter en sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol water wat effens prut en roer tot gesmelt.
Klits die eiers, eiergele en suiker saam tot dik. Roer die ekstrak in en vou die sjokolademengsel in. Sif die meel in en vou dit sagkens in.
Skep die mengsel in die vorms. Laat koel ’n uur in die koelkas af of tot ferm.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Verplaas die vorms na ’n bakplaat en bak 12 minute of tot dit gerys het.
Keer op individuele borde uit en sit voor.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Afkoel: 1 uur
Gaarmaak: 12 min.

Bron: Huisgenoot Digitaal

No comments:

Post a Comment