Friday 15 May 2015

SPINASIE TERT BRAAI BYGEREG



SPINASIE TERT BRAAI BYGEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/spinasie-tert-braai-bygereg.html

Die is genoeg vir 6 na 7 mense as jy ander bykosse het.
Gebruik so 20cm deursnit bak
Bestanddele:

1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opge...kap (of jy 1 of 2 gebruik, jy hoef nie die bestandele onder aan te pas nie)
5 stukkies repe spek (opgekap)
5 sampioene (opgekap)
1 groot ui (opgekap)

Metode:
Gooi alle bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer en hou eenkant. (ja niks braai van uie ens nie , kook alles)
Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute (suurroom as jy nie het nie – 1 houertjie room met 1 eetl suurlemoensap – laat staan vir 10 minute).
Voeg by 1 houertjie gladde maaskaas, 3 eiers, 1tl mosterdpoeier, peper, Meng goed deur en gooi spinasie mengsel by en 1 kop gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur.
Gooi in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180 C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is.
As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.
Opsioneel – as jy wil, kan jy halwe blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.
Hierdie dis kan deurgaan as ‘n volledige aandete saam met kapokaartappels en lekker mengelslaai.
(Theresia Doreen Swanepoel - Koskapperjolle)
**
Stoffies Stofberg Swanepoel
SPINASIE TERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/spinasie-tert-braai-bygereg.html
1 bossie spinasie
250g sampioene
1 groot ui 
100g spek
sout en peper na smaak
bietjie knoffel na smaak 
1 en n halwe kop gerasperde cheddar kaas.
1 en halwe kop witsous
Was spinasie goed af en sny in repies 
Kook stadig
in pan met deksel op
Moennie water byvoeg nie
. Intussen braai ui , spek , sampioene en knoffel saam .
Indien die spinasie te veel water getrek het , gooi dit af .
Meng spinasie , witsous en uiemengsel .
Plaas in oondbak , gooi kaas oor en bak @ 180 grade vir 30min of totdat mengsel gestol het .
**
Retha Buss *26/09/2015

2 comments: