Annelore Von Solms Joubert
SUURLEMOEN MERINGUE TERT:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/suurlemoen-meringue-tert.html
Kors:
1 pak Tenniskoekies fyngemaak
100g botter
Vulsel:1 blik kondensmelk
1/2 koppie suurlemoensap
2 eiers geskei
50 ml strooisuiker (ek maak bruinsuiker fyn in die
Food processor - lekker karamel smaak.)
Metode:
Verhit oond tot 180 g C.
Smeer tertbord.
Meng koekies met botter wat gesmelt is.
Druk vas in tertbord.
Gooi kondensmelk in mengbak. Klits terwyl suurlemoensap bietjies bygegooi word.
Klits eiergele en gooi by. Meng goed.
Gooi bo-op kors en bak vir 10 minute.
Klits eierwitte tot styf, voeg suiker geleidelik by.
Skep bo-op tert en bak vir 15 minute tot mooi bruin.
(Suurlemoen meringue tert vir my man gebak.
Huisgenoot Top 500 Wenresepte.)
Huisgenoot Top 500 Wenresepte.)
Michélle E. Strydom Ek het die resep vanaand uit probeer en ook besluit om volgende keer die kondensmelk/suurlemoen vulsel en meringue dubbel aan te maak.
Die tert staan nou en afkoel en my manne lek al lippe af!
No comments:
Post a Comment