Friday 22 May 2015

VINNIGE KERRIEHOENDER EN MIELIESOP


Maggie de Castro
VINNIGE KERRIEHOENDER EN MIELIESOP:


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/vinnige-kerriehoender-en-mieliesop.html

Enige sop is lekker in die winter. Hierdie sop is eenvoudig, maar met die hoender is dit meer vullend. Ek gebruik ook graag klappermelk, want dit bly my gunsteling vanweë die Thai-styl invloed. Probeer dit gerus as ’n alternatief vir die gewone ertjie- of groentesop, want dié sop maak van basiese bestanddele iets besonders.

Lewer 4–6 porsies

Bestanddele:
50 g botter of margarien
1 middelslag ui, geskil en grofgekap
2 knoffelhuisies, gekneus
5 ml (1t) kerriepoeier
2 hoenderborsies (±?300?g), in klein stukkies gesny
125 ml (½k) hoenderaftreksel
410 g blik roomstyl mielies
125 ml (½k) klappermelk
15 ml (1e) gekapte vars tiemie of 5 ml (1 t) droë
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
fyngerasperde kaas van keuse (opsioneel)

Metode:
1 . Verhit botter in ’n groot swaarboomkastrol. Voeg ui en knoffel by en soteer tot sag. Voeg kerriepoeier by en braai liggies vir ongeveer twee minute.
2. Voeg hoenderstukke by en braai vir ’n paar minute tot gaar.
3. Voeg al die oorblywende bestanddele by en laat kook vir on­geveer 10 minute tot deurwarm. Sprinkel ’n bietjie gerasperde kaas oor die sop voordat jy dit voorsit.

Variasie:
Dit is nie regtig nodig om klappermelk te gebruik nie. Vervang dit net so suksesvol deur beesmelk of room.
(Heilie Pienaar – Rapport)

No comments:

Post a Comment