Friday 29 May 2015

VIS BREYANI


Maggie de Castro
VIS BREYANI:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/vis-breyani.html

’n Heerlik geurige maaltyd. Jy kan die stokvis vervang met enige vis van jou keuse.

Bestanddele:
500 ml (2 k) basmati rys
5 ml (1 t) sout
30 ml (2 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
10 ml (2 t) gemmer, gerasper
4 stokvisfilette, in groot stukke gesny
5 ml (1 t) brandrissiepoeier
5 ml (1 t) fyn komyn
10 ml (2 t) fyn koljander
2 ml (½ t) fyn kaneel
2 ml (½ t) fyn borrie
’n knippie fyn neutmuskaat
200 ml gewone jogurt
5 ml (1 t) strooisuiker
’n hand vol rosyne
3 eiers, gekook en die dop verwyder
1 suurlemoen, in skywe gesny

Metode:
Was die rys tot die water nie meer melkerig is nie. Dreineer, gooi in ’n kastrol en bedek met koue water tot sowat 2 cm bo die rys. Voeg die sout by. Bring die water tot kookpunt, verminder die hitte, bedek en laat prut 10 min. of tot die water geabsorbeer is.
Verhit die olie in ’n braaipan, voeg die uie, knoffel en gemmer by en braai tot goudbruin. Voeg die vis by en roerbraai 5 min. Voeg die speserye by en roer 1 min. Roer die jogurt in en laat prut 2 min. Voeg die strooisuiker, rosyne en gaar rys by.
Kook 5 min. oor baie lae hitte.
Garneer met die gekookte eiers en suurlemoenwiggies en sit voor.
(Huisgenoot)

No comments:

Post a Comment