Tuesday, 23 June 2015

ARMY TERTJIES



Alana van Tonder

(foto: geleen - internet)

ARMY TERTJIES :

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/army-tertjies.html

Lekker degie vir alle soort handtertjies. My ma het die resep by n chef by die Berede Sentrum in Potch gekry toe die klomp dames eendag daar gaan kuier het.

Bestanddele:
1k suiker
6k meel
6t bakpoeier
500g botter
knippie sout.

Metode:
Meng droé bestand en vryf botter in. Meng met water tot n deeg styf genoeg om uit te rol. n Konfyt- of vleisvulsel kan in hierdie deeg gebruik word. As die deeg n rukkie in die yskas gesit word, is dit makliker om mee te werk.