Monday 8 June 2015

SEEKOS MARINARA PASTA



Maggie de Castro
SEEKOS MARINARA PASTA:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/seekos-marinara-pasta.html

Bevrore gemengde seekos (marinara) teen bekostigbare pryse is volop beskikbaar in winkels.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20-30 minute

Bestanddele:
30 ml (2 e) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
250 g spekvleis, grof gekap
250 g knopiesampioene, gehalveer
1 kg gemengde seekos, ontdooi
2 takkies vars tiemie
60 ml (¼ k) Old Brown-sjerrie
50 g tamatiepasta
sout en vars gemaalde swartpeper
250 ml (1 k) room
sap en skil gerasper van een
suurlemoen
vars basilieblare

Metode:
Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die knoffel, spek en sampioene sowat 5 minute.
Roer die seekos, tiemie, sjerrie en tamatiepasta by, bring tot kookpunt en verlaag die hitte.
Laat prut sowat 10 minute en geur met sout en swartpeper.
Giet die room by en laat prut nog ’n paar minute.
Skep die meeste van die sous uit en giet dit in ’n klein kastrolletjie, bring tot kookpunt en laat prut sowat 5 minute of tot die sous ’n bietjie afgekook en effens verdik het.
Giet die afgekookte sous terug by die seekosmengsel, geur met die suurlemoensap en -skil en sit voor saam met pasta.
Garneer met basilieblare.
(Huisgenoot)

No comments:

Post a Comment