Tuesday 23 June 2015

WORTELKOEK MET N TWIST



Ndumi Volontiya
WORTELKOEK MET ‘N TWIST

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/wortelkoek-met-n-twist.html

> Dis eintlik maklik om te maak, met net bietjie ekstra moeite.

2 en ½ koppies geskil en gerasperde wortels (as jy wil, kan jy ook 1 piesang wat fyngemaak is, bysit)

Droë bestanddele:
2 koppies meel
1 ½ koppies suiker
½ koppie ligte bruinsuiker
1 koppie pekanneute, fyngekap
2 teelepels koeksoda
1 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
1 eetlepel + 1 teelepel fyn kaneel
¼ teelepel “allspice”
¼ teelepel fyn neutmuskaat

Nat bestandele:
4 groot eiers
¾ koppie olie
½ koppie Griekse jogurt (of Laevet joghurt)
1 teelepel vanielje-ekstrak
2 teelepels lemoenskil (fyn gerasper)

Room kaas vulsel:
1 houertjie roomkaas, versag
½ koppie suiker
1 groot eier
1 teelepel suurlemoensap
½ teelepel vanielje-ekstrak
3 eetlepels meel

Roomkaas versiersel:
½ houertjie roomkaas, versag
2 eetlepels botter, versag
2 eetlepels lemoensap
2 teelepels suurlemoensap
1 teelepel lemoenskil (fyn gerasper)
½ teelepel vanielje-ekstrak
2 koppies versiersuiker

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 C .
Spuit jou bunt pan met spray en cook of smeer dik met botter

Maak jouRoomkaas
Klits die room en versiersuiker tot lig en romerig – voeg al die ander bestandele by – meng deur en hou eenkant

Koek
Meng al die droe bestandele eenkant
Meng al die nat bestandele deur eers die eiers goed te klits en dan al die bestandele saam liggies deur te meng
Meng die nat bestandele in by die droe bestandele en voeg dan die gerasperde wortels by
Meng liggies deur

Skep nou 3 koppies van die meelmengsel onder in die buntpan
Gooi stadig die roomkaas mengsel bo-oor die beslag – probeer om dit nie teen die kante van die pan te gooi nie (sien foto)
Gooi die orige meelmengel oor

Bak by 180C vir 45 min (onbedek), dan, sit foil oor, draai oond af na 160C en bak vir verdere 20 na 25 min of tot toetspen skoon uitkom
Haal uit die oond – gee rustydperk van 10 minute en verwyder uit die pan
Laat heeltemal afkoel

Die roomkaas versiersel
Klits met handmenger - al die bestandele (behalwe die versiersuiker) tot ‘n gladde mengsel. Voeg nou die versiersuiker bietjies gewys by en klits tot glad
Sit in die yskas vir so 10 minute
As koek koud is, gooi die roomkaas versiersel oor, versier met nog gekapte neute en lemoenskil

Koek kan tot 7 dae in lugdigte houer in die yskas gebere word

(Deur: carlsbadcravings)

No comments:

Post a Comment